Wat Is Aanbidding: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

What Is Worship?

DAG 1 VAN 5

Aanbidding Is Om Te Loof

Wat is aanbidding?

Goed, ek veronderstel dit klink na 'n dom vraag. Dit is wat ons in die kerk doen, en 'n bietjie in die privaatheid van die huis, is dit nie? Die meeste van ons het "aanbiddingsgewoontes" wat redelik diep in ons lewens gevestig is, dus dink ons nie meer so baie daaroor nie. Dit is moontlik om bekende en gemaklike frases en liedere te herhaal — maar wat is aanbidding werklik?

Aanbidding is hoe ons ons verhouding met God uitdruk. Dit is ons vreugdevolle, dankbare, waarderende reaksie op God se grootheid en verstommende werk: "Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade" (1Kronieke 16:9). Aanbidding is lofprysing — openlike erkenning van God se grootheid; wanneer jou persoonlike kollig op God skyn, deur woorde en musiek, om Hom te verheerlik en te verhef (m.a.w., om Hom in ons lewens te verhoog).

Jy kan God nie meer verheerlik as wat Hy alreeds is nie — hoe kan jou stemmetjie iets byvoeg tot die groot koor van lof deur die menigte engele? Jy kan God nie meer glorieryk maak as wat Hy alreeds is nie — sy lig vul die hemel terwyl Hy in sy majesteit oor alles heers. In ons harte, wat dikwels propvol ander afgode is, is Hy nie altyd die allerhoogste nie. Net ons kan Hom in ons eie lewens verheerlik. Vir Hom was jy belangrik genoeg om sy Seun, sy geliefde, te stuur om jou terug te wen. Dink aan Hom as belangrik genoeg om Hom die lof te gee wat Hy waardig is.

Begin nou.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is Worship?

Aanbidding is nie net iets wat ons op Sondae doen nie. Dit is verweef in ons alledaagse lewens.

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.timeofgrace.org/?utm_source=youVersion&utm_medium=app&utm_campaign=homepageURL vir meer inligting