Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Die Gawe van Ploeter
'n Ander geestelike held is 'n man genaamd William Carey. Hy was oortuig dat dit Christene se werk was om die evangelie te deel met ander mense reg rondom die wêreld — in daardie tyd het nie almal so gedink nie — en hy is toe Indë toe as 'n sendeling in 1793.
William se lewe was nie eintlik maanskyn en rose nie — drie van sy sewe kinders is dood toe hulle nog klein was, sy vrou het 'n erge geestesongesteldheid ontwikkel en William het gelei aan 'n velkondisie wat beteken het dat hy nie in direkte sonlig kon wees nie. Hy het nie een persoon gesien wat sy lewe verander het in die eerste sewe jaar van sy bediening in Indië nie en hy het ses jaar se werk verloor in een aand toe die manuskripte waaraan hy gewerk het in 'n brand verwoes is. Teen die einde van sy lewe het hy egter duisende gesien wat God leer ken het en hy het 'n pad oopgemaak vir sendelinge om in Indië te kom. Oor die jare het hy die Bybel vertaal in Bengaals, Oriya, Assamees, Arabies, Hindu en Sanskrit.
Dit is moeilik om die impak van sy lewe te artikuleer en hy word nou gevier as die "vader van moderne sendings." Sy bekende leuse was: "Verwag groot dinge van God, pak groot dinge vir God aan.” Dit is wat hy gedoen het dag na dag en terugslag na terugslag. Nader aan die einde van sy lewe, is William gevra wat was sy grootste geskenk. Hy het geantwoord: "As mense sou vra: 'Wat was Mnr. Carey se grootste geskenk?' sou ek hulle geantwoord het: 'Mnr. Carey se grootste geskenk was dat hy geweet het hoe om te ploeter.’”
Om elke dag die bonatuurlike leefwyse vol te hou gaan oor om te leer hoe om te ploeter. Dit gaan daaroor om oop te wees teenoor wat die Gees dalk vir ons wil sê, om oor te gee aan sy wil en om gereed te wees om uit te stap. Die grootste behoefte van die kerk is nie 'n paar een keer risikonemers nie, dit is vir risikonemende ploeteraars.
Terwyl John Wimber besig was om mense te leer oor genesig, het sommige luisteraars probeer om 'n paar keer vir mense te bid, dan sou hulle terugkom na John Wimber toe en sê: "Dit werk nie. Niemand vir wie ek gebid het, het gesond geword nie." Wimber se antwoord was altyd: "Gaan bid vir 'n duisend mense en dan sal ons praat.” Hy het geweet dat as hulle vir 'n duisend mense bid, sou hulle nie nodig hê om te gesels nie want hulle sou mense gesond gesien word het. As ons regtig wil hê hierdie moet die nuwe normaal word, moet ons kies om elke dag in hierdie plek te lewe. As ons vandag die keuse maak om te ploeter, sal ons oor vyftig jaar bly wees dat ons het!
Aangaande hierdie leesplan

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se gereedskap. Om staat te maak op die Heilige Gees is nie vreemd, vol ekstase of net iets vir sekere dele van die kerk nie. Dit is vir elkeen wat God meer ten volle wil ken.
More
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op
