Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Elke dag Bonatuurlik
Dit is noodsaaklik om hierdie te verstaan as ons elke dag bonatuurlike lewens wil leef. Die bonatuurlike lewe is nie een waar ons rondloop opgepomp met selfvertroue en mense met krag bomme gooi nie. As dit was, sou slegs 'n paar mense dit kon leef. Inteendeel, dit is 'n lewe beskikbaar vir enige een. Al wat ons moet doen is om op God staat te maak en te vertrou dat sy krag kan werk in ons kwesbaarheid.
Ons vriend Ants Watts vertel 'n verhaal van sy dogtertjie Hannah wat illustreer hoe hierdie werk. Ants het een aand by die huis gekom en Hannah het na hom toe gehardloop en gevra: "Pappa, Pappa kan ons 'n vuur maak?” Ants het ingestem en hulle het al die stukkies hout en papier bymekaar gemaak wat hulle nodig gehad het en dit in die vuurherd gepak. Nadat dit aangesteek was het Hannah geweet dat jy daarop moes blaas om dit te help om vlam te vat. Sy het gekniel, haar gesig naby die vuur gebring, en begin blaas. Die geluid was soos iemand wat 'n framboos blaas. Ants het gesê dat soveel spoeg uit haar mond gekom het dat hy seker was dat daar meer water as suurstof op die vuur gekom het. Na 'n paar minute het die vuur uiteindelik vlam gevat en begin versprei. Hannah het omgedraai na haar pa toe, stralend, en gesê: "Ek het dit gedoen, Pappa! Ek het dit gedoen!” “Wel gedaan!” het hy gereageer. “Jy het dit gedoen, jou slim kind!”
Wat Hannah nie gesien het nie was, terwyl sy gekniel het en 'n nat framboos na die vuur geblaas het, het haar pa langs haar gekniel. Elke keer wat sy geblaas het, het Ants 'n diep asemteug gevat en op die vuur geblaas van agter af. Sy het in vervoering omgedraai oor dit wat sy bereik het, min wetende dat haar pappa haar heeltyd gehelp het.
Ons is mal oor wat daardie vader-dogter oomblik ilustreer van hoe 'n elke dag bonatuurlike lewe werk. Selfs die "sterkste" onder ons sal slegs ooit die ekwivalent bereik van 'n nat framboos. Ons Vader is egter agter ons. Soos ons vorentoe tree blaas Hy die wind van sy Heilige Gees, en vure begin vlam vat. Swakheid is die manier. Dit beteken dat geen tekort aan kwalifikasies, tekort aan talente, tekort aan mode sin ooit in die pad kan staan van God wat deur ons werk nie. Dit beteken dat jy in is!
As God Hom verheug om die swakkes the gebruik, beteken dit dat Hy Hom verheug om jou te gebruik en Hy verheug Hom om ons te gebruik. God wil sy skatte in jou gekraakte pot stort. Hy wil jou gebruik — selfs al voel jy swak, gebroke, kwesbaar, bang en deurmekaar — om eer aan Hom te gee.
Aangaande hierdie leesplan

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se gereedskap. Om staat te maak op die Heilige Gees is nie vreemd, vol ekstase of net iets vir sekere dele van die kerk nie. Dit is vir elkeen wat God meer ten volle wil ken.
More
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op
