Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 4 VAN 14

Is jy ’n storie van hoop?

Ons lewe in omstandighede waar baie mense bitter swaar kry. Die vorme van verliese is intens en het ’n geweldige impak op mense se gemoedere en hul omstandighede, maar ook hul selfbeeld. Veral in situasies waar mense hul werk verloor het of die hoeveelste jammer-jy-is-nie-suksesvol-vir-die-pos-nie-briewe kry. Maklike antwoorde is daar nie. Verskillende moontlikhede en hoop wel.

Soos die verhaal wat Charles Handy vertel van ’n jong man, Lukas, wat vir 12 maande in Londen onsuksesvol werk gesoek het en toe uit moedeloosheid sy pa gebel het en sy lot bekla het. Waarop sy pa geantwoord het: “Dink hieroor. Wanneer jy in die hemel kom sal die die man ontmoet wat jy kon wees” en die foon neergesit het. Hierna het Lukas vir ’n kursus ingeskryf, deeltyds by hotelle skottelgoed gewas om te oorleef en binne ’n jaar werk gekry. Hy het van ’n depressiewe en negatiewe mens in ’n aangename, positiewe mens vol selfvertroue verander. 

Soms moet ’n mens net nog ’n bietjie dieper delf in jou eie motivering, nog meer kreatief dink en wéér (dalk iets anders?) probeer. Dís wanneer stories van hoop geskryf word.


HOOPGEWER, EK WIL MY POTENSIAAL UITLEEF. HELP MY, ASSEBLIEF.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za