Aanvaar die UitdagingVoorbeeld
God Verwag dat Koninkryksmanne in Krag sal Wandel
Ons vertrou dat hierdie leesplan jou aangemoedig het. Vir meer inligting oor Tony Evans en Kingdom Men Rising, klik here.
Transkripsie: Terwyl ek hier te midde van God se ontsagwekkende skepping en 'n mensgemaakte bron van enorme krag staan, word ek herinner aan wat God van sy koninkryk verwag. God verwag van hulle om sy krag in te span sodat dit in die skepping tot sy eer en tot voordeel van die mensdom aangewend word. Toe God die eerste mens gemaak het, het Hy hom die verantwoordelikheid gegee om name te gee. Hy moes die diere name gee. Hy moes selfs sy vrou 'n naam gee want naamgewing het eienaarskap, die uitoefening van verantwoordelike gesag en beskerming beteken. Elke mens is geskape om dit te doen: om name te gee, om God se identiteit in 'n omgewing in te bring, om God se teenwoordigheid in 'n omgewing in te bring, en om God se gesag in 'n omgewing in te bring. As ons omgewing dus bevraagteken word, uitdagend en 'n mislukking is, is dit omdat ons nie Bybelse heerskappy uitgeoefen het nie en ons ons nie goed van ons taak gekwyt het om uitdruklik name te gee nie (te sê wat ons wil hê nie). Dit is tyd dat mans, koninkryksmanne, opstaan en uitdruklik begin sê hoe ons wil hê ons wêreld moet lyk en dit dan begin uitleef, sodat ons kan toekyk hoe God dit verander na dit waarvoor sy manne gevra het. "Jy moet die voortou neem. Doen wat gedoen moet word dat ons dit reg kan doen. Ons sal agter jou staan" (Esra 10:4).Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Daar is baie mans in die wêreld, maar God is op soek na koninkryksmanne wat sal opstaan en verantwoordelikheid vir hul eie optrede, hul gesinne, kerke en gemeenskappe neem. Wanneer sulke leierskap die leisels neem, sal God deur elke aspek van ons lewens verhoog word.
More
Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/