Aanvaar die UitdagingVoorbeeld

Rise to the Challenge

DAG 2 VAN 4

God Roep alle Mans om op te Staan

Transkripsie: Het jy geweet dat elke man deur God ontwerp is om 'n rol in sy koninkryk te vervul? Elke man is geroep om met verantwoordelikheid 'n pos onder sy leierskap te beklee — om 'n impak te maak en invloed uit te oefen in die omgewing waarin hy geplaas is. Elke man is geroep om voor teenstand en uitdagings te staan te kom en dit die hoof te bied sodat God se doelwitte in die geskiedenis vervul kan word deur die lewe, geloof, moed, oortuiging en vasberadenheid van koninkryksmanne. Jy is ontwerp. Jy mag nie op die kantlyn sit nie. God roep sy manne om in gereedheid te kom sodat Hy genesing vir 'n nasie en 'n kultuur kan bring wat in 'n krisis verkeer. Laat ons dus ons passiwiteit agterlaat. Kom ons neem as manne van God die besluit om die uitnodiging te aanvaar om in sy span te speel en te speel om te wen.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Rise to the Challenge

Daar is baie mans in die wêreld, maar God is op soek na koninkryksmanne wat sal opstaan en verantwoordelikheid vir hul eie optrede, hul gesinne, kerke en gemeenskappe neem. Wanneer sulke leierskap die leisels neem, sal God deur elke aspek van ons lewens verhoog word.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/