SielsontgiftigingVoorbeeld
Oor die algemeen val skadelike gedagtes in vier kategorieë. Hulle ontwikkel weens negatiwiteit, vrees, ontevredentheid, en kritiek. Dit is baie moontlik dat jy met skadelike gedagtes in een of meer van hierdie vier kategorieë worstel. Moenie toelaat dat hierdie skadelike gedagtes jou vasvang en verteer nie. Hoe dieper jy dit laat wortel skiet, hoe moeiliker om dit af te skud. Identifiseer sulke gedagtes vandag en verwerp dit!
Watter soort skadelike gedagtes ervaar jy meestal? Wat is voorbeelde van jou skadelike gedagtes?
Watter soort skadelike gedagtes ervaar jy meestal? Wat is voorbeelde van jou skadelike gedagtes?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church