God Lei JouVoorbeeld

God Guides You

DAG 3 VAN 4

Die lewe is werklik 'n reis, maar op hierdie reis kom ons soms te staan voor draaie, stilhouplekke en vurke in die pad en dan is ons desperaat vir Goddelike leiding. Wanneer ons midde-in hierdie besluitelose oomblikke in ons lewens is, moet ons ons eie deel doen om God se wil op te soek.

Die Woord van God is uitdruklik so uiteengesit dat die gelowige dit kan benut deur dit te lees, bestudeer en bepeins en raadpleeg oor enige situasie. Verder voorsien God sy kinders van die Heilige Gees om ons aangaande ons lewensdoel, plan en opdrag in alle waarheid en openbaring te lei. Ons raak egter dikwels gefrustreerd wanneer ons onafhanklik van die Woord van God en aansporing van die Heilige Gees, ons eie planne kies.

Net so, neig ons om geïrriteerd te raak wanneer ons die Woord van God volg en ag slaan op die aansporing van die Heilige Gees, maar daar vind nie oombliklik verandering in ons omstandigheid plaas nie. Tog wil ek jou gedurende hierdie wagperiodes aanmoedig om te wag, vertrou, bid en die HERE te prys omdat verdere leiding en openbaring op pad is.

Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Soms wys Hy ons nie die hele prentjie van ons lewensplan nie, maar slegs een ligpuntjie op 'n slag. Wanneer jy werklik raadop is, onthou dan dat die Woord van God die lig is wat jou lei en jou pad verlig.

God hou vol om dinge aan sy kinders te openbaar, met hulle te praat en om hulle te lei. Wees dus vandag bemoedig en maak seker dat jy in pas is met sy wil, woord en weg. Dan sal jy begin om God se leidende krag in jou lewe raak te sien.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God Guides You

In hierdie Bybelleesplan sal lesers in die Skrif die baie maniere ontdek hoe God sy kinders lei. Namate jy die lewe se bergpiek-, vallei- of wildernis-ervaringe deurreis, kan jy vandag bemoedig wees dat God jou sal lei!

More

We would like to thank Dr. Kennetra A. Bryant for providing this plan. For more information, please visit: https://www.drkennetrabryant.com