God Lei JouVoorbeeld

God Guides You

DAG 2 VAN 4

God sal jou in jou doel lei wanneer jy in pas kom met sy wil, woord en weg. Om onafhanklik van God se leiding te lewe, is 'n seker manier om van God se koers af te dwaal. Dit is van die uiterste belang om ons aan God se leiding te onderwerp terwyl ons daarna strewe om op sy beloofde weë te bly. Al lei God ons almal, moet ons ons nie misgis en dink dat Hy net een standaard benadering tot sy Goddelike leiding het nie. 


God kan een gelowige op 'n sekere manier en metode lei en dan weer 'n ander gelowige op 'n algeheel ander manier — omdat Hy oppermagtig is. God spesialiseer daarin om individuele opdragte te gee, want Hy weet hoe om elkeen van sy kinders op koers te hou. Ongeag watter metode van leiding God in jou lewe gebruik, wees gereed, bereid en ontvanklik om by sy plan in te val. Ons lees in die Skrif van vier verskillende geleenthede hoe God vir Josef, Maria se man, gelei het om God se plan deur te voer toe 'n engel van die HERE aan hom in 'n droom verskyn het. 


Alhoewel sommige dinge waarskynlik nie volgens menslike oordeel sin gemaak het nie, is God se plan deurgevoer omdat Hy gedurende Josef se beproewings aan hom Goddelike leiding gestuur het. Byvoorbeeld, toe Josef van Maria se swangerskap gehoor het en hy beplan het om stilletjies van haar te skei, het 'n engel van die HERE in 'n droom aan hom verskyn en Josef na die waarheid gelei. 

'n Engel van die HERE het 'n tweede keer aan Josef verskyn en hom beveel om op te staan. Hy moes met Jesus en Maria na Egipte toe vlug totdat hy opdrag kry om terug te keer. God het vir Josef gelei deur Herodus se plan aan hom te openbaar. Ook 'n derde keer het 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef verskyn met die opdrag om met Jesus en sy moeder na Israel terug te keer omdat diegene wat die kind wou doodmaak, gesterf het. 

God het aan Josef duidelike rigting aangewys. Toe Josef bang was, het God hom ook in 'n droom gewaarsku, sodat Josef hulle toe in Nasaret gaan vestig het. God se leiding aan Josef was ook ter bevestiging. God beskik oor die krag om leiding deur drome te gee! Mag Josef se verhaal jou vandag bemoedig. Ongeag die omstandighede en onsekerhede waarvoor jy te staan kom, moet jy onthou dat God jou lei en Hy sal jou met waarheid, rigtingwysing, openbaring en bevestiging lei. Dit is omdat God elkeen van sy kinders liefhet, beskerm, seën en lei. Vertrou op God, die Goddelike Leidsman.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God Guides You

In hierdie Bybelleesplan sal lesers in die Skrif die baie maniere ontdek hoe God sy kinders lei. Namate jy die lewe se bergpiek-, vallei- of wildernis-ervaringe deurreis, kan jy vandag bemoedig wees dat God jou sal lei!

More

We would like to thank Dr. Kennetra A. Bryant for providing this plan. For more information, please visit: https://www.drkennetrabryant.com