Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 3 VAN 30

Jy sal slegs die persoon wees wat God jou geskep het om te wees wanneer jy die krag ontvang wat Hy voorsien. Ek kan so 'n uiters emosionele persoon wees dat ek net aan myself en my gevoelens kan dink. Jy is nie geskep om uiting te gee aan jou onbeheerbare emosies nie; jy is geskep vir vrugte, vir goeie werke, vir die koninkryk van God en vir krag!

Daar is twee spesifieke sinsdele in vandag se Skriflesing wat lewensveranderend is. Dit sal jou toelaat om jou emosies te beheer. "Jy sal krag ontvang," is moontlik die mees opwindende sinsdeel in die hele Nuwe Testament. Jy sal krag ontvang! Jy hoef nie deur die lewe te ploeter in jou eie krag nie! Jy hoef nie tevrede te wees met emosionele gemors en geslagte se bagasie nie! Jy sal nooit outoriteit oor jou emosionele histerie kan neem totdat jy die krag van die Heilige Gees ontvang het nie.

"... en julle sal my getuies wees," is die tweede belofte in hierdie bekende vers. Om die krag van die Heilige Gees te ontvang, stel jou in staat om te word wat God jou geskep het om te wees. Jy het God se krag nodig sodat jy 'n getuie van sy natuur kan word. Jy sal krag ontvang!

Jy sal nooit alles kan wees wat God vir jou bedoel het om te wees totdat jy sy krag ontvang het nie. Jesus het geweet dat ons nie in staat sou wees om 'n vol lewe sonder die krag van die Heilige Gees te leef nie, daarom het Hy daardie spesifieke krag voorsien. Somtyds bid ek hierdie gebed 'n paar keer op 'n dag bid omdat ek so 'n desperate vrou is:

"Heilige Gees, vul my met u krag! Ek wil alles hê wat U vir my het. Ek wil u geskenke en u vrugte hê. Ek wil vandag u krag hê. As U wil hê dat ek moet bid vir wonderwerke en genesing, sal ek dit doen! Ek wil alles hê wat U vir my het. Ek wil geduld, selfbeheersing, vrede, vreugde en liefde hê. Ek sal elke liewe bietjie krag vat wat U bereid is om vir my te gee."

Wat doen jy dan verder? Wel, dan doen jy wat elke emosioneel-gelaaide mens haat, want dan wag jy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com