Die Dood Besit My NieVoorbeeld

Death Does Not Own Me

DAG 2 VAN 6

MOENIE LAAT VERLIES JOU OORNEEM NIE

Die eerste dag van Desember 2009, sal altyd in my gedagtes ingeëts wees.  Ek onthou die vorige aand hoe my man in die bed gerou het oor sy linkerarm wat die volgende oggend geamputeer sou word.  Hy het nie veel gesê nie, maar hy het wel daardie nag gehuil en gewonder of hy die regte besluit geneem het.  

Die Skrif leer ons om altyd lewe bo die dood te kies, en dit kom toe by my op.  "Natuurlik het jy die regte besluit geneem, Dan!" Ek het hom verseker dat ons die onbekende saam sou aanpak.

"Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe" Deuternomium 30:19.

In hierdie vers wou God sy uitverkore volk herstel in die land wat Hy vir hulle uitgekies het. Hulle sou egter die Jordaanrivier moes deurgaan om daar te kom.  Hy het hulle eers 'n keuse gegee: kies die lewe of kies die dood, kies die seën of kies die straf. 

Deur ons lewens sal ek en jy Jordaanriviere teëkom wat ons moet oorsteek.  Onthou, toe die Israeliete eers deur die rivier is, was die beloofde land van oorvloed aan die ander kant!

Daar is so baie areas bekend as verlies.  Verlies van werk, verlies van verhoudinge, verlies van gesondheid, verlies van vriendskap en verlies van die lewe: almal kan verpletterend wees en 'n vorm van rou en of depressie veroorsaak.

Verlies kan vrees, bekommernis, angs en selfs 'n swak selfbeeld veroorsaak.  Hierdie leesplan is daar om elkeen te help met hulle verlies of om diegene wat deur verlies gegaan het te help besef dat hulle oorwinnaars is!  Ons is oorwinnaars en dit is hoekom ek die leesplan noem: Die Dood Besit My Nie.  Jy is 'n oorwinnaar en die dood besit jou nie!

KAN JY DIT IN VERBAND BRING?

Verlies is die dood van iets; dit is iets wat jy nie meer het nie, maar wens jy het. Wanneer ons enige soort verlies ervaar, is vrees geneig om ons ook te besoek.  Die Bybel verwys meer as 365 keer na die onderwerp van vrees of dat ons nie moet vrees nie. Josua 1:9 is die perfekte voorbeeld van een van daardie Skrifgedeeltes. 

"Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan”  Josua 1:9.

Bekommernis is 'n vorm van vrees dat iets gaan gebeur wat jy nie wil hê moet gebeur nie.  Deur op God se beloftes staat te maak, kan ons vrymoedig verklaar dat bekommernis my nie besit nie, vrees my nie besit nie en dat angs my nie besit nie.  Moenie toelaat dat verlies jou oorneem nie.

WAT HET ONS UIT VANDAG SE STUDIE GELEER:

• Ons sal almal een of ander Jordaanrivier in ons lewens teëkom.

• Wat ook al ons verlies, ons sal die lewe moet kies.  As ons toelaat dat ons verliese ons oorneem, lewe ons nie werklik nie.

• As jy gebuk gaan onder vrees, bekommernis, angs en 'n lae selfbeeld, is jy op die punt om te leer hoe om 'n oorwinnaar te wees!  Om midde-in die Jordaan te wees, is waarskynlik nie lekker nie, maar dink aan wat vir jou wag wanneer jy God vertrou om jou deur te help!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Death Does Not Own Me

My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my nie besit nie", en dat "verlies jou ook nie hoef te besit nie!" Kom leer in hierdie leesplan dat wanneer verlies na jou toe kom, jy dit kan oorwin deur ver verby jouself uit te reik en op God te vertrou.

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma