Herstel na Paasfees: 'n Leesplan om predikers te help rusVoorbeeld

Reset After Easter: A YouVersion Rest Plan for Pastors

DAG 3 VAN 3

Onthou ...

toe jy die eerste keer gevoel het hoe God jou hart na Syne trek ... 

toe jy jou aan Hom oorgegee het ... 

die vreugde van jou verlossing ... 

hoe vars jy gevoel het ... 

hoe vergewe, skoon — hoe algeheel nuut jy gevoel het. 

En nou weet jy: 

Ons hemelse Vader se oorspronklike uitnodiging is altyd vir almal oop. 

Hy trek altyd meer mense na Hom toe. 

Hy is altyd verheug om nog 'n kind in sy familie te verwelkom … 

om hulle sondes met die kleed van sy geregtigheid te bedek ... 

om sy Naam aan hulle te gee — 'n Naam wat hulle nooit kan verdien nie ... 

om hulle as erfgename by sy koninkryk te voeg. 

Ons is die bedienaars van sy goeie nuus: 

Ons verheerlik Hom. 

Ons verhef Hom, keer op keer ... 

omdat ons onthou. 

En wanneer ons Hom verhef, weet ons dat mense sal kom ... 

en sy Gees sal met hulle praat ... 

en baie sal hulle oorgee — net soos ons het ... 

en ons sal hulle as ons familie verwelkom en aan hulle dieselfde liefde bied as wat Hy aan ons bewys het. 

Eer aan God en aan Christus Jesus deur alle geslagte heen tot in alle ewigheid! 

Amen. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Reset After Easter: A YouVersion Rest Plan for Pastors

Omdat kerkbywoning gewoonlik toeneem op die Sondag wanneer Christene Jesus se opstanding vier, verteenwoordig die Paasnaweek een van die lonendste en uitdagendste tye van die jaar vir kerkleiers. Ons het hierdie klankbaan, "YouVersion Rest Plan", geskep om kerkpersoneel te help om alles te vier wat God gedoen het, om te rus van die werk wat in voorbereiding en uitvoering gegaan het, en te herstel vir die toekomstige bediening.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.