Herstel na Paasfees: 'n Leesplan om predikers te help rusVoorbeeld

Reset After Easter: A YouVersion Rest Plan for Pastors

DAG 2 VAN 3

Rus.

Jy het so hard gewerk om voor te berei vir die afgelope Paasnaweek. 

Waarskynlik vir weke. 

Neem 'n paar oomblikke en besin oor ... die energie wat jy daarvoor gebruik het 

… die planne wat jy gemaak het … 

… die take wat jy tot voltooiing deurgevoer het. 

(Raak 'n paar oomblikke rustig as dit nodig is.) 

Baie dinge het waarskynlik presies verloop soos jy verwag het. 

Hopelik was jy ook met 'n paar aangename verrassings geseën. 

Tog is dit moontlik dat 'n paar dinge nie volgens plan verloop het nie. 

Dink nou aan daardie dinge. 

Niks wat gedurende die afgelope paar weke gebeur het, het God verras nie. 

Jy weet dit is sy plan om alles mettertyd reg te maak. 

Jy weet ook dat alles wat jy ervaar het die mens vorm wat jy sal word. 

Jy weet dat jy God liefhet. 

Jy weet jy is geroepe volgens sy doel. 

Dus weet jy ook dat Hy alle dinge tot jou beswil laat meewerk. 

Selfs in tydperke waar dit moeilik is om raak te sien. 

Dalk juis dan. 

Haal vandag diep asem. 

Rus in sy beloftes. 

Gaan die rus binne wat Hy vir jou bedoel ... 

die rus waarvan Hy self vir jou die voorbeeld gestel het. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Reset After Easter: A YouVersion Rest Plan for Pastors

Omdat kerkbywoning gewoonlik toeneem op die Sondag wanneer Christene Jesus se opstanding vier, verteenwoordig die Paasnaweek een van die lonendste en uitdagendste tye van die jaar vir kerkleiers. Ons het hierdie klankbaan, "YouVersion Rest Plan", geskep om kerkpersoneel te help om alles te vier wat God gedoen het, om te rus van die werk wat in voorbereiding en uitvoering gegaan het, en te herstel vir die toekomstige bediening.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.