Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 7 VAN 8

Wees stil. Probeer jouself indink hoe wanhopig baie mense gevoel het die dag nadat Jesus gesterf het. Hulle vriend, leermeester en verwagte Koning was weg. 

Dit is vepletterend wanneer dinge nie verloop soos verwag nie. Dit laat mens wonder: "Was alles dan tevergeefs? Wat moet ek nou doen?"

Daardie vrae was 'n werklikheid vir Jesus se volgelinge. Vrees, verwarring en onsekerheid het waarskynlik hul gedagtes en harte oorheers, omdat hulle geen idee gehad het wat die volgende dag vir hulle sou inhou nie. 

Nietemin — liefde was dáár.

Die dag na Jesus se afsterwe was 'n Sabbatdag — 'n dag vir aanbidding en om te rus van daaglikse werk. Kan jy jou indink hoe dit vir die dissipels moes voel om niks te kon doen nie, behalwe om te probeer aanbid, nadat hulle vriend en leermeester dood is? Dit klink onmoontlik, maar dit was noodsaaklik dat hulle moes wag. God wil hê dat ons moet weet dat sy liefde selfs te midde van wanhoop steeds teenwoordig is. God se liefde het nie opgehou nie. Selfs in stilte is dit teenwoordig. In die donkerte was dit ook teenwoordig.

Raak vandag stil en wy tyd aan God. Vra Hom wat Hy vir jou wil sê en wat Hy in hierdie feestyd vir jou beplan.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan gedurende hierdie Heilige Week saam met Jesus op 'n geestelike reis deur die Evangelies, vra aan God 'n eenvoudige vraag en beleef die enorme liefde van God.

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org