Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 3 VAN 8

Jesus het 'n groot deel van sy laaste dae daaraan bestee om die mense om Hom te leer. Een spesifieke gesprek is daardeur teweeg gebring dat die godsdienstige leiers en regsgeleerdes vir Jesus 'n vraag gevra het oor die wet. 

Die vraag: Wat is die grootste gebod?

Die antwoord: Liefde. “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand ... die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Dink bietjie wat dit beteken om iemand lief te hê met jou hele hart, siel en krag. Sal dit van buite sigbaar wees? Een of ander tasbare offer? Ons beste voorstelling van liefde is dít wat ons in die Skrif vind. Dat God, wat ons so lief gehad het, sy eie Seun nie gespaar het nie. Daarby ook dat Jesus, wat ons so liefgehad het, sy eie lewe prys gegee het sodat ons kan lewe. 

Hoe sal ons families, verhoudinge, gemeenskappe en wêreld lyk as ons hierdie tipe van liefde sou leef? Hoe kan ons liefhê wanneer ons ver van ons geliefdes is?

Lees weer Matteus 22:34-40 en vra jouself af wat God vir Jou wil sê. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan gedurende hierdie Heilige Week saam met Jesus op 'n geestelike reis deur die Evangelies, vra aan God 'n eenvoudige vraag en beleef die enorme liefde van God.

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org