Wie is Jesus? Deel 3Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 3

DAG 5 VAN 7

Vra Ons die Regte Vrae?

Net soos ons nie kan sny en plak om ons eie, selfdienende weergawe van Jesus te skep nie, kom ons maak seker dat ons nooit dink ons geloof gaan oor ons nie. 

Dit is algemeen in ons kultuur om besluite te neem op grond van wat ons uit iets kry of wat ons lewens beter maak. Selfs Petrus het met 'n selfsugtige perspektief geworstel. Kyk na sy vraag:

"Toe sê Petrus vir Hom: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?'” Matteus 19:27.

In wese, wat is daarin vir my? Wat is die langtermyn voordele? 

Maar dit is nie die soort lewe waartoe Jesus ons roep nie. Christenskap gaan nie oor jou nie. Christenskap gaan daaroor om Jesus te volg. Die Jesus wat ons volg, is iemand wat letterlik gesterf het ter wille van ander. Die uitgangspunt van ons geloof is om die soort mense te word wat God kan liefhê met alles wat ons is en ander kan liefhê op dieselfde manier as wat Jesus ons liefgehad het. As dit nie die doel is nie, mis ons die punt. 'n Verhouding met God gaan oor soveel meer as wat Hy vir ons kan doen. 

'n Verhouding met God gaan oor 'n vennootskap met die Skepper van hemel en aarde in sy verlossingsplan om die mensdom te red en die skepping te herstel. Dit is 'n verhouding wat Hy van die begin af met ons wou hê. 

"Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: 'Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip'” Genesis 1:28.

Ons is geroepe om die goedheid van God na elke uithoek van die aarde te weerspieël. As ons egter net na onsself kyk, sal ons nooit die skoonheid ervaar om in vennootskap met Jesus te wees nie. 

Die ironie is dat wanneer ons afsien van wat ons wil hê en wat daarin is vir ons, en dit vervang met wat God wil hê, vind ons eintlik wat ons al die tyd gesoek het: 'n vol, betekenisvolle lewe. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 3

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. Want as Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in deel drie van ons reis deur die evangelie van Matteus om voort te gaan om die antwoord op hierdie belangrike vraag te ontdek.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/