Wanneer Alles Blou IsVoorbeeld

Wanneer Alles Blou Is

DAG 6 VAN 7

Skakel af!

Jesus was nie antisosiaal nie. Hy het voor skares van duisende mense opgetree. Hy het graag met sy naaste vriende gekuier. Hy het tyd gemaak om met mans, vroue en kinders geselsies aan te knoop. Hy het ook nooit sy verantwoordelikhede versaak of van sy pligte probeer ontsnap nie. Maar Hy het wel grense gestel: Hy het geweet hoe om sy tyd en sy geestelike en emosionele hulpbronne te bestuur.

Ons moet ook in hierdie opsig sy voorbeeld nastreef. Ons kan gerus tyd inruim om te dink en te bid — sodat ons kontak met die wêreld meer deurdag en minder reaktief kan wees. Wanneer ons ons tyd op sosiale media beperk, of ’n uitnodiging van die hand wys om eerder tyd saam met ons gesin deur te bring, sal die wêreld nie skielik ophou draai nie. God sal steeds in beheer wees van die wêreld — en ons sal sy werk baie meer effektief kan doen as ons so nou en dan “uitprop” en stil word.


DIGITALE DETOKS

Heelwat mense bestee meer tyd aan digitale toestelle as aan slaap. Ons is hopeloos te dikwels op ons fone en tablette doenig — en dit het ’n besliste impak op ons gesondheid. In plaas daarvan dat dit ons nader aan mekaar bring, veroorsaak sosiale media ironies genoeg eerder ’n styging in eensaamheid, angstigheid, depressie, verlaagde selfbeeld en stres. Oorweeg om ’n gereelde digitale detoks deel van jou media-dieet te maak deur van tyd tot tyd al jou toestelle heeltemal af te skakel. Deur jou brein so nou en dan van digitale oorstimulasie te laat rus, sal jou nie net helderder laat dink nie, maar ook jou geheue en gemoed ’n hupstoot gee. Dalk gee dit jou ’n hele nuwe perspektief op die lewe. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Alles Blou Is

Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. Hierdie 7 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za