Wanneer Alles Blou IsVoorbeeld

Wanneer Alles Blou Is

DAG 3 VAN 7

Al fresco

Partykeer kom ’n mens moeër van vakansie af terug as wat jy was voor jy weg is — selfs al het jy boeke gelees, laat geslaap, op die strand gestap en alles gedoen wat die dokter aanbeveel het. Matt Chandler verduidelik dat, tensy ’n mens doelbewus vakansie hou om God se heerlikheid te aanskou, jy nie rus sal vind nie.

Wonderbaarlik genoeg hoef ons nie tyd of geld bymekaar te skraap om God se heerlikheid te geniet nie. Stap net uit jou kantoor uit. Asem die vars lug in. Kyk na die bome. Kyk af na die onkruid by jou voete. God het dit ook geskape! Ongeag waar jy woon of werk — jy kan altyd buitentoe gaan en iets van God se grootheid ontdek.


KOM UIT DIE KANTOOR!

Slegte dag? Moenie in die bed klim nie. Gaan buitentoe! Mense wat meer tyd in die buitelug deurbring, het laer depressievlakke, sterker immuunstelsels en ’n positiewer lewensuitkyk. Om tyd in natuurlike daglig deur te bring, laat ’n mens se liggaam vitamien D produseer en help jou om saans beter te slaap deur jou slaap- en wakker-hormone te sinchroniseer. Om elke dag so min as vyf minute in ’n sonnige omgewing tussen plante te sit, kan jou geestesgesondheid reeds ’n hupstoot gee. Maak daarom ’n plan om gereeld in die buitelug te kom. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Alles Blou Is

Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. Hierdie 7 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za