Wie is Jesus? Deel 1Voorbeeld
Sien Voorbeeld A
Oor die volgende klompie hoofstukke, gaan ons eerstehands te doen kry met een van Jesus se bekendste preke, die bergrede. In hierdie boodskappe stel Jesus ons voor aan 'n nuwe verhouding met God. Nie een wat afhanklik is van ons godsdienstige handelinge en rituele nie, maar wat stewig staan op ons aanvaarding en aanneming in die gesin van God.
In die bergrede kom die ooreenkomste tussen Jesus en Moses na vore.
Onthou, Moses het teen 'n berg uitgeklim om die tien gebooie — die Wet — van God te ontvang. Hy het die Israeliete geleer hoe om as die volk van God te lewe en Hom by die omliggende volke te verteenwoordig.
Jesus het ook teen 'n berg opgegaan om die skare te onderrig. Hy het ons gewys wat die Wet altyd veronderstel was om te doen. Nie om ons gedrag te bepaal nie, maar eerder hoe om ons harte te verander en dit is deur hierdie verandering in ons harte wat ons die soort mense word wat God aan die wêreld bekendstel deur ander lief te hê soos Hy ons liefhet.
Jesus het vir ons gewys dat die manier om as God se mense te lewe nie net oor ons uiterlike — hoe ons optree — gaan nie, maar eerder wat in ons harte aangaan.
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg” Matteus 5:27-28.
Jesus sê herhaaldelik in hierdie hoofstuk, die onderhouding van die wet is, soos om self die atmosfeer in ons eie harte te kweek. Dit is waaroor dit nog altyd gegaan het. Dit is ons wat fokus en perspektief verloor het.
Toe Moses uit die teenwoordigheid van God van die berg afgekom het, moes hy sy gesig verberg omdat dit letterlik die stralende reinheid van God weerkaats het, en die Israeliete vir hom bang geword het. Wat Moses van die berg af gebring het, was egter 'n gesluierde beeld van God. Jesus is die volmaakte, sigbare beeld van ons onsigbare God! Hy het die sluier van die hemel verwyder deur persoonlik hierheen te kom en vir ons te wys watter soort verhouding God met elkeen van ons wil hê. Hy het ons perspektief herstel en vir ons die volmaakte voorbeeld gegee hoe dit lyk om die beeld van God in die wêreld uit te dra.
Aangaande hierdie leesplan
Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy sê Hy is, verander alles. As Jesus nie is wie Hy sê Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan vir Deel 1 van ons reis deur die evangelie van Matteus om die antwoord op hierdie vraag te ontdek.
More