Geloof Soos ’N MosterdsaadVoorbeeld
God is altyd getrou
Brandbestryders is ongelooflike mense wat elke dag hulle lewe waag en hulpelose slagoffers uit brandende geboue en rampgebiede red. Hulle dra die slagoffers na veiligheid deur ’n spesiale greep te gebruik: Hulle steek hulle arms uit en vra die slagoffer om styf aan hulle voorarms vas te hou. Terwyl die brandbestryder styf aan die persoon se voorarms vashou, kan hy die slagoffer na veiligheid lig. As die persoon wat beseer en uitgeput is, sy of haar greep verloor, kan die brandbestryder gewoonlik steeds sy greep om die persoon se polse behou.
Dit is die beeld wat in my gedagtes opkom wanneer ek aan Jesus dink. Hy is die getroue Een en Hy bly getrou, selfs wanneer ons geloof wankel.
Een van my helde, James Hudson Taylor, het ná ’n lang siekte in Switserland herstel. Hy kon nie na China terugkeer toe die afgryslike Bokseropstand daar uitgebreek het nie. Hy het net elke ses maande ’n brief ontvang en nie geweet wat alles daar gebeur nie.
Op hierdie oomblik vind die grootste herlewing in die wêreld in China plaas. Groot getalle mense word weergebore omdat God altyd getrou bly.
Wanneer jy vandag uitgaan, onthou: Selfs al voel dit vir jou jou geloof is maar flou en byna uitgeput, God bly altyd getrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle voorberei het. Bekende evangelis Angus Buchan neem jou op reis deur God se Woord in hierdie leesplan van sewe dae.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za