MarkusVoorbeeld
Lees: Markus 13:24-37
SOAP: Markus 13:32-33
Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie.
Oordenking
Jesus ken die toekoms. Hy was in Jerusalem en het alles verduidelik wat in die laaste dae sou gebeur. Daar sal vervolging en groot verdrukking wees, selfs die son sal verduister. Daarna sal Hy terugkeer. Ons kan verseker weet dat wat Hy gesê het, wel sal gebeur.
Totdat daardie dag aanbreek, weet ons wat om te doen: "Wees waaksaam! Wees op julle hoede!"
Ons weet dat Jesus gaan terugkeer, maar ons weet nie wanneer nie. Ons word aangemoedig om in getrouheid te volhard en te leef soos Hy ons onderrig het, totdat Hy terugkeer.
Terwyl ons volhou om Jesus se roeping vir ons lewe uit te leef, kan ons twee dinge doen: Volg Jesus en groei in geloof. Onderwyl ons ons gesinne versorg, hard werk in ons beroep, God se Woord bestudeer, groei in gebed, vergader saam met mede-gelowiges, lief is vir ons naaste en ons vriende help, kan ons sy terugkoms verwag. Mag ons getrou bly tot dan en sy Naam aanhou verkondig, ongeag die koste.
Gebed
Here, ek sien uit na u wederkoms. Help my om waaksaam te bly en altyd gereed te wees vir u koms. Help my om getrou aan U te bly en aan my geliefdes wat U aan my toevertrou het. Help my om u Naam te verkondig totdat U terugkeer, ongeag die koste. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/