MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 20 VAN 43

Lees: Markus 7:31–8:33

SOAP: Markus 8:29–30

“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel. 

Oordenking

‘n Deurlopende vraag in die Markus-evangelie is “Wie is Jesus?” Ofskoon dit op baie maniere beantwoord word, verskaf die einde van Markus 8 ‘n duidelike antwoord op hierdie vraag.

Hoewel die dissipels herhaaldelik hulle gebrek aan geloof geopenbaar het, het Petrus getoon hoe hy dit verstaan. Jesus het vir sy dissipels gevra wie hulle sê Hy is. Petrus het geantwoord: “U is die Christus.”

Christus (Christos) is ‘n Griekse woord wat “Messias” of “gesalfde” beteken. Petrus het sy begrip van die Skrif en profesieë getoon deur Jesus die Christus te noem. Hy het verklaar dat Jesus die beloofde Messias is, die Een wat die wêreld van sonde sou verlos. Petrus was dalk dikwels verward, impulsief, oorhaastig en soms roekeloos, maar hy het geweet wie Jesus is.

Jesus is die beloofde Messias. Vanaf die eerste oomblik dat mense sonde gedoen het, was Jesus bestem om te kom. Jesus is die Verlosser wat die wêreld verwag het. Sy lewe is ‘n lewende openbaring van God se karakter en liefde. Hy is die Christus, die Gesalfde. Mag ons selfs in ons mislukkings so seker en oortuig soos Petrus van Jesus wees. “U is die Christus.” 

Gebed 

Here, help my om nooit te twyfel oor wie U is nie. Help my om met oortuiging te verklaar dat U die Christus is, die Messias wat gekom het om u volk van sonde te verlos. Amen. 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/