MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 10 VAN 43

Lees: Markus 3:20–35

SOAP: Markus 3:35

Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.

Oordenking

In die eerste-eeuse Grieks-Romeinse kultuur was familie baie belangrik. Familie-erfenis het status bepaal en familiebande het die sterkste lojaliteit vereis, in sommige gevalle, selfs meer as die huwelik. Jesus was nie neerhalend of minagtend in Markus 3:35 nie. In plaas daarvan het Hy 'n gewone oomblik gebruik om 'n diepgaande waarheid te verkondig: die Christen se ware familie is in die kerk te vinde.

Vir Jesus om op hierdie wyse teenoor sy biologiese familie te reageer, was radikaal. Jesus het hoegenaamd nie gesinsbande geminag nie. In plaas daarvan het Hy die gesinsverband so uitgebrei dat dit almal insluit wat die wil van God doen. In Christus het ons die onbreekbare familieband geërf met almal wat in Hom glo.

Ons het die voorreg om onsself te sien as lede van 'n groter gesin as dié een waarin ons gebore is. Ons is almal tesame lede, verenig in Christus, en ons deel een gees en liefde. Ons streef na eenheid, want binne hierdie familie moet ons bande onbreekbaar wees. Ons sterkste band moet die geloof wees wat ons in Jesus deel, nie ons agtergrond, politieke stand, kultuur of biologiese familie nie. In Christus vind ons ons gesin en handhaaf ons eenheid deur Hom.

Gebed

Here, ek dank U dat ek in U 'n eenheid het wat enigiets anders in die lewe oortref. My band met U oorkom al die verskille wat ek met ander gelowiges het. Help my asseblief om 'n ware suster te wees vir my medegelowiges regoor die wêreld. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/