MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 13 VAN 43

Lees: Markus 5:1–20

SOAP: Markus 5:19–20

Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.” Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor.

Oordenking

Jesus het baie mense versorg tydens sy aardse bediening. Hy het hulle nie net fisiek genees nie, maar ook geestelik. Toe Jesus 'n man teëgekom het wat deur demone ingeneem was, het Hy na die man omgesien, maar nie sonder om in die proses sy mag en gesag te openbaar nie.

In hierdie gedeelte beantwoord die demone Markus se vraag: "Wie is Jesus?" Hulle noem Hom, “Jesus, Seun van God die Allerhoogste” (Markus 5:7). Toe Jesus die demone uit die man uitgedryf het, het Hy sy gesag en mag getoon. Die demone het Hom gevrees, omdat hulle geweet het wie Hy was; net die Here van hemel en aarde het die mag om demone uit te dryf! In die vertoon van sy gesag en krag het Jesus ook groot medelye betoon. Hy was genadig teenoor die man en het hom bevry van sy ellende.

Nadat die man genees is, wou hy Jesus volg. In plaas daarvan het Jesus hom aangesê om by sy huis te bly en vir ander te vertel wat Jesus vir hom gedoen het. Alhoewel sommige in die stad gesien het wat Jesus gedoen het, was die getuienis van die man oor Jesus se barmhartigheid aan hom 'n kragtige getuienis. Ons het self ook 'n kragtige getuienis wat vertel van die getrouheid en barmhartigheid wat God aan ons bewys het. Of Hy ons beveel om te bly of te gaan, mag ons getroue rentmeesters en getuienisse wees van God se werk in ons lewens.

Gebed

Here, u werk in my lewe is ongelooflik. Maak my oë oop sodat ek elke dag u hand in my lewe kan sien. Gee my die moed om u trou te deel met diegene om my. In u Naam bid ek, amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/