Wat Is Die Bybel? (Die Groot Verhaal Plan No. 1)Voorbeeld

Wat Is Die Bybel? (Die Groot Verhaal Plan No. 1)

DAG 2 VAN 3

Dag 2

Oordenking:

Die woord “Bybel” kom van die Griekse woord Biblia af, wat boeke beteken. Die Bybel is ‘n biblioteek van God-geïnspireerde boeke. Die Bybel soos ons dit vandag ken, is op ‘n spesifieke manier gerangskik. Eerstens, is daar die boeke wat ons die Ou Testament noem. Dit is al die boeke van Genesis tot Maleagi. Al hierdie boeke is geskryf voor Jesus aarde toe gekom het. Wat ons die Nuwe Testament noem, is al die boeke wat geskryf is na Jesus aarde toe gekom het. Dit begin by Matteus en eindig by Die Openbaring. Maar daar is ook ander verdelings in die Bybel. Alles is nie in chronologiese volgorde nie – en dit kan ons soms deurmekaar maak.

- Ons verwys na die eerste vyf boeke as “die wet”.

- Dan volg die boeke oor die geskiedenis van die volk Israel. Dit begin by Rigters en eindig by Ester. 

- van Job tot by Prediker, is bekend as die literatuur van wysheid .

- Daarna is die profete (soms ook opgedeel in die “groter” en “kleiner” profete). Al die profete het gelewe en opgetree in die tydperk wat deur die geskiedenisboeke beskryf word. Die meeste profete word ook daar genoem. 

- Die Nuwe Testament begin met die vier evangelies – wat Jesus se lewe beskryf.

- Daarna is die boek Handelinge, wat die geskiedenis van die vroeë kerk weergee.

- Al Paulus se briewe aan die gemeentes volg daarna. Die tyd wat hy die briewe geskryf het, is die tydperk wat Handelinge beskryf.

- Daarna is die “Algemene Pastorale Briewe” – dit is die briewe van die ander apostels, meestal geskryf gedurende dieselfde tydperk as Paulus s'n.

- Laastens is die unieke boek van Die Openbaring.

Elkeen van die boeke en groeperinge speel belangrike rolle in die Bybel en ons geestelike vorming.

Lees: Handelinge 17:1-3 

Kom ons gesels daaroor: Van watter boeke in die Bybel hou jy die meeste? Watter boeke is vir jou moeilik om te lees? 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Is Die Bybel? (Die Groot Verhaal Plan No. 1)

Wat is die Bybel? Wat beteken die Bybel vir my? Die Groot Verhaal leesplan 1, antwoord daardie vraag vir jou. Die volgende leesplanne sal jou help om die Bybel beter te verstaan.

More

Ons wil graag Werner Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://free.facebook.com/wernerstrauss.sts/