Meer As KoraleVoorbeeld

Meer As Korale

DAG 3 VAN 7

Waar sal jy ’n knap vrou kry?

Die betekenis van knap kan vergelyk word met die twee kante van ’n munt: geestelike krag (morele beginsels en die regte gesindheid) vorm die een kant, en liggaamlike krag (vaardighede en doeltreffendheid) vorm die ander kant. 

Geestelike krag: Wanneer God sy prentjie van ’n knap en mooi vrou skets, skets Hy haar geestelike krag as ’n hele klomp innerlike eienskappe wat haar – en ons – keer om moed op te gee, uit te sak of op te hou streef na die doel om te wees en te doen wat God van haar vra. 

Liggaamlike krag: Hoe, wonder ons, kry die vrou van Spreuke 31 dit reg om álles te doen wat God van haar vra? Wanneer ons die munt van ons definisie omdraai, sien ons haar lewe vereis ook liggaamlike krag en energie. Hierdie deugsame en flukse vrou het liggaamlike krag nodig om die werk van haar lewe, die werk waarvoor sy so lief is, te doen.

Hierdie spesiale vrou se geestelike en liggaamlike krag maak haar so sterk soos ’n leër – ’n leër met baie deugde. Dit is die kern van God se beskrywing van haar karakter. Kom ek verduidelik.

Die Hebreeuse woord vir knap word meer as 200 keer in die Bybel gebruik om ’n leër te beskryf. Hierdie woord in die Ou Testament verwys na ’n militêre mag en word gebruik met die betekenis van “bevoeg, bekwaam, magtig, sterk, dapper, doeltreffend, oorvloedig en waardig”. Dit word ook gebruik om te verwys na ’n soldaat, ’n groep soldate of mans wat gereedmaak om te gaan oorlog voer. Verander hierdie definisie na die vroulike geslag en jy begin besef watter krag in die hart van hierdie verstommende vrou leef. Net soos geestelike krag en liggaamlike energie die belangrikste kenmerke van die soldate in ’n leër is, so is dit die kenmerke van God se beeldskone vrou.

“Waar sal jy ’n knap vrou kry?” lui die vraag van Spreuke 31:10. Met hierdie vraag wys God ons daarop dat sy soort vrou buitengewoon is – inderdaad ’n seldsame skat – ten opsigte van haar innerlike krag en uiterlike prestasies. Sy is ’n ongelooflike leër met baie deugde. En met God se hulp kan ek en jy ook sulke verstommende vroue word. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Meer As Korale

Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za