Om te Bid vir God se LeidingVoorbeeld

Praying for God’s Direction

DAG 3 VAN 3

Kom ons bid en lê ons opnuut daarop toe om God te alle tye te volg. Laat ons dankbaar wees vir sy leiding en laat ons altyd soek na sy wil en sy weg. God weet presies wat ons nodig het en waarheen ons moet gaan, laat ons onsself dus opnuut weer verbind tot 'n lewe van vertroue.

Here, dankie dat ek op U kan vertrou om my met geduld, begrip, vrede, en liefde te lei. Dankie dat u leiding uit u wysheid en goedheid vloei. U leiding is altyd perfek.

U help my groei en lei my na volwassenheid. U lei my na die lewe en na hoop. Dankie vir die wysheid van u leiding en dat U my wys hoe om leiding in u Woord te vind.

Ek vra U om my ook te lei met wat om te sê sodat my woorde genade aan ander sal betoon en met liefde gegeur sal wees. 

Ek vra U ook om my te lei met hoe ek elke dag my tyd gebruik, sodat ek dit wyslik sal gebruik om u koninkryk te bevorder en my eie geestelike volwassenheid te ontwikkel. 

Here, lei my asseblief elke dag wanneer ek besluite neem — beide groot en klein. Leer my hoe om u leiding duideliker te onderskei en my aan u leiding te onderwerp. In die Naam van Jesus. Amen.

Met watter aspekte van jou lewe het jy God se leiding vandag die meeste nodig?


Ons hoop dat hierdie leesplan vir jou 'n bemoediging was.  Kry meer inligting oor die Tony Evans bediening  

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Praying for God’s Direction

Die lewe kan partykeer ingewikkeld wees. Dit kan moeilik wees om te weet wat die regte keuse is of watter pad om te volg. As ons net op ons eie wysheid staatmaak, gaan ons definitief 'n paar swak besluite neem. God het ons egter nie alleen gelos nie. Hy wil ons lei en vir ons die regte pad wys. Sluit saam met ons by die topverkoper Tony Evans aan om vir God se leiding te bid.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/