Om te Bid vir God se LeidingVoorbeeld
Kom ons bid en dank God dat Hy ons gids deur die lewe sal wees. Hy is nie 'n God wat ons aan die raai sal hou nie. Hy sal sy pad aan ons bekend maak sodat ons daarin kan wandel.
Heilige Vader, U laat altyd u lig vir my skyn — om vir my rigting te wys en my te lei op die pad wat U gekies het as die beste weg vir my om in te slaan.
Ek verhef u Naam in lof, wetende dat ek op U kan staatmaak om vir my u weg te wys. Ek dank U vir u wysheid, wat selfs tot in die toekoms strek om my te lei en te rig na die beste moontlike uitkoms.
Ek het U lief, Here, en ek wil weet hoe om U beter te kan volg. Mag u goedheid en heerlikheid my vertwyfelinge en verwardheid oorskadu. Breek deur al my vrae en wys my die weg na die lewe, vrede, en liefde.
Ek prys U dat U my altyd meer gee as wat ek verdien, en dat U 'n liefde bied wat my elke tree op my lewenspad lei. In die Naam van Jesus, amen.
Waarvoor is jy vandag dankbaar?
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe kan partykeer ingewikkeld wees. Dit kan moeilik wees om te weet wat die regte keuse is of watter pad om te volg. As ons net op ons eie wysheid staatmaak, gaan ons definitief 'n paar swak besluite neem. God het ons egter nie alleen gelos nie. Hy wil ons lei en vir ons die regte pad wys. Sluit saam met ons by die topverkoper Tony Evans aan om vir God se leiding te bid.
More