Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 17 VAN 39

Wat is die goeie lewe vir jou? Jy het idees oor die goeie lewe, al is jy nie bewus daarvan nie. Ons droom oor ‘n skip wat inkom en vir ons sal gee wat ons regtig nodig het. Markus 1:15 stel dit duidelik dat Jesus se eerste preek daaroor gaan dat ons ons idees van die ware lewe moet hersien in die lig van die feit dat ons nou saam met Hom kan leef.

Johannes 17:3 gee vir ons ‘n definisie van die ewige lewe, naamlik dat ons die enigste waaragtige God, en Jesus Christus ken. Ons lewe dus nou reeds. Die Epikureine van Hand 17:18 het geglo dat ons in onsself oorgeneem is om die beste van ons lewe te maak. Die Stoïsyne was van mening dat ons pionne is en dat alles klaar besluit is. Die mens moet maar net aanvaar wat aan hom gegee word. Die Platoniste het groot skeiding gemaak tussen die sigbare en die onsigbare, die sterflike liggaam en die onsterflike siel. Vir hulle het die lewe gedraai om die ontslae raak van die luste en drifte van die vlees, en om te fokus op die onsigbare ewige. Die lewe sal eendag aanbreek.

Ons word ‘n ander begrip gegee van die lewe. Die lewe is in Jesus. Die lewe ís Jesus. Die ware lewe is ‘n lewe saam met Jesus. Dink vir ‘n paar oomblikke aan jou idees van die lewe. Dit kan dalk duidelik na vore kom as jy kyk na hoe jy jou tyd bestee, jou geld spandeer, waaroor jou dagdrome gaan.

Ter Nadenke 

Neem ‘n paar oomblikke om in kontak te kom met jou idees van die lewe. Word jy uitgenooi om jou idees te verander? Praat met Hom daaroor en vra Hom om jou te help daarmee.

Gebed

Here, gee my die genade om te ontwaak tot die lewe saam met U.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com