Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Dag Vier: Vreugdevolle Vrees
Mense dink nie normaalweg dat vrees en vreugde (of geseënd wees) saamgaan nie, daarom kan Psalm 128:1 'n bietjie verwarrend klink wanneer jy dit die eerste keer lees: "Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel!" (AFR53).
Ja! Daar is 'n vrees wat na geluk lei. Daar is 'n siddering wat na vreugde lei.
Wanneer maak vrees jou gelukkig? Wanneer jy die gevoel van ontsag kry en terselfdertyd veilig voel. Mense ry tuimeltreine wat ontsag en vrees inboesem, tog lei dit tot uitroepe en glimlagte omdat hulle veilig in hulle sitplekke vasgegespe is. Dieselfde geld vir bergklim en sweefseil, en om veilig op die rant van 'n berg te staan, gevul met ontsag vir die uitsig om jou. Wanneer ontsag en veiligheid gekombineer word, is die oomblikke opwindend en genotvol.
Alhoewel dit nie dieselfde is as liggaamlike opwinding is nie, verwys die Bybel na vrees vir God, wat ook na 'n gevoel van ontsag lei. Ons moet ontsag en eerbied hê vir hierdie groot God, die God wat die hemel en die aarde geskape het, wat kragtig, alwetend en alsiende is. Ons het dus ontsag, maar, danksy Jesus, is ons terselfdertyd veilig. Te danke aan Jesus kan ons voor hierdie groot God verskyn. Te danke aan Jesus kan ons ons in hierdie groot God verheug. Hierdie wonderlike God hou ons veilig by Hom.
Wanneer die Bybel na blydskap verwys, praat die Bybel nie van tydelike blydskap of verligting nie, maar van voortdurende vreugde wat ons verkry as ons God ken. Selfs as ons daaglikse lewens vol uitdagings is — finansiële bekommernis, ongeskiktheid, siekte — kan ons blywende vreugde hê — ware blydskap — nie omdat ons omstandighede volmaak is nie, maar omdat ons 'n volmaakte Verlosser het.
Wanneer jou ontsag en waardering vir God toeneem, neem jou vreugde ook toe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse waarheid in hulle harte vas te lê: Christus se liefde en aanvaarding laat ons toe om 'n lewe van vreugde en vryheid te leef. Hierdie leesplan is gebaseer op die kinderboek: "The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness".
More