Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

DAG 2 VAN 7

Dag Twee: Die Groot Uitruiling

Wanneer ons dink ons kan goed genoeg wees om God se liefde te verdien, is dit 'n belediging vir God. As ons goed genoeg kon wees vir God om ons lief te hê, dan het God sy Seun, Jesus Christus, verniet gestuur om vir ons te sterf. God het nie vir Jesus verniet gestuur om aan die kruis te sterf nie! Jesus het vir ons gesterf omdat ons nooit ons toegang tot God kan verdien nie. Die rede is omdat God rein en heilig is — meer rein en heilig as wat ons ons ooit kan voorstel. Omdat God so heilig is, kan Hy sonde nie verdra nie. Hy kan nie met sonde saamleef nie, wat regtig slegte nuus vir ons is, want ons het almal gesondig. Ons het dus nie deel aan die heerlikheid van God nie. 

Tog het God ons so baie lief. 

Hy wil ons graag vergewe en skoon was van ons sonde. God het, op die perfekte tyd in die geskiedenis, vir Jesus gestuur om vir ons sondes aan die kruis te sterf, omdat Hy ons so liefhet. Die Bybel leer ons, toe Jesus vir ons gesterf het, het 'n wonderlike en skokkende ding gebeur vir die van ons wat in Jesus glo. Al ons sonde is op Jesus geplaas, en die volmaaktheid van Jesus is op ons geplaas. Vir 'n lang tyd het mense wat die Bybel bestudeer het, die oomblik van Jesus se dood "Die Groot Uitruiling" genoem.

Jesus maak 'n groot uitruiling met diegene wat in Hom glo. Hy neem al ons sonde op Hom, en gee sy volmaakte rekord vir ons. Vir dié wat glo, is nie net al ons sonde weggeneem nie, maar ons het ook al die goedheid van Jesus ontvang. God kyk na ons asof ons volmaak is, asof ons lewe soos Jesus geleef het. 

In die verhaal "The Quokkas, The Snails, and the Land of Happiness", is die buideldiere se plakkerkaarte vol sterretjies. Elkeen wat 'n Christen is, het reeds 'n "geestelike plakkerkaart" vol sterretjies — nie omdat ons enige van die sterretjies verdien het nie (ons kan dit nie verdien nie!), maar omdat Jesus al die sterretjies vir ons gegee het. Ons plakkerkaarte is altyd vol — te danke aan Jesus! 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse waarheid in hulle harte vas te lê: Christus se liefde en aanvaarding laat ons toe om 'n lewe van vreugde en vryheid te leef. Hierdie leesplan is gebaseer op die kinderboek: "The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness".

More

Baie dankie aan B&H Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.QuokkasandSnails.com