Jesus Het My LiefVoorbeeld
Min (Het my Lief)
Vandag bestudeer ons die betekenis van wat die Messias — Jesus Christus — gedoen het omdat sy optrede die wese van liefde versinnebeeld. Hy het sy lewe gegee om vir die wêreld se sondes te betaal — om vir jou en my sondes te betaal. Wat beteken dit dus om te sê: “Jesus min my, salig lot?” Wat beteken dit dat Jesus my min of liefhet?
Jesus het vrywillig sy lewe gegee deur aan die kruis te sterf om ons van sonde en die dood te red. ‘n Nuwe lewe is tot ons beskikking, die oomblik wanneer ons in Hom glo en verlossing as sy geskenk aan ons aanvaar. Dit beteken jy kan die volgende hê:
vrede waar jy voorheen beangs en benoud sou wees,
vryheid van skuldgevoelens wat jou andersins sou oorheers het,
vryheid van sonde wat jou andersins gevange sou hou,
‘n identiteit van geestelike volkomenheid (heiligheid)
aanneming in God se familie in plaas daarvan om alleen te wees,
en die sekere wete dat jy geliefd is.
Dit beteken dat die belangrikste Persoon in die vertrek en in die heelal, van jou hou. Dit beteken ook dat Jesus — wat self God is — sy liefde aan jou bewys het op die mees drastiese moontlike manier: deur vrywillig aan die kruis te sterf sodat jy gered kan word.
Wanneer jy jou geloof in God se liefde vir jou bevestig, volg hier ‘n gebed wat jou kan help om jou geloof, dat Jesus sy liefde vir jou bewys het toe Hy aan die kruis gely het, meer persoonlik maak.
Liewe Jesus,
Ek kies om die vergifnis te ontvang wat U moontlik gemaak het toe U vir my aan die kruis gesterf het. Ek glo U het u liefde vir my bewys toe U die prys betaal het sodat ek gered kan word. Dankie dat U my sonde op U geneem het. Dankie dat U in my plek gesterf het. Dankie dat U die gawes van vergifnis, die ewige lewe en 'n regte verhouding met God voorsien het. Jesus, U het u liefde vir my in dade bewys. Help my nou om my liefde vir U in my optrede te wys. Amen.
Dus, wat is die grootste selfopofferende daad wat 'n persoon kan maak om hul liefde aan 'n ander te bewys? Jesus het hierdie vraag beantwoord. Dit is wat Hy gesê het: "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê" (Johannes 15:13). Toe Jesus hierdie stelling gemaak het, het Hy voorspel wat Hy aan die kruis sou doen: om sy lewe vir jou, sy vriend, neer te lê.
Liefde word met die verloop van tyd deur dade bewys; en hoe meer selfopofferend 'n daad is, hoe meer opreg is die liefde. Hoe wys jy vir die mense in jou lewe dat jy hulle liefhet?
Aangaande hierdie leesplan
As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joernalis, tans dienende pastoor, jou hulp aan om te verstaan wat jy glo en waarom. Topverkoper-skrywer, John S. Dickerson, verduidelik noodsaaklike Christelike oortuigings en illustreer kragtig waarom hierdie oortuigings saak maak.
More