Jesus Het My LiefVoorbeeld
![Jesus Loves Me](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23705%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat Is Die Wesenlike Riglyne?
Die wesenlike riglyne is die basiese leerstellings van Christus. Indien een van die leerstellings verwyder word, sal die Christendom inmekaar tuimel. Die riglyne is belangrik, want as dit nie gevolg word nie kan jy nie God se volle krag van hernuwing ervaar nie. Indien die kerk een van die riglyne verloor, verloor die kerk ook God se reddende krag om sy mense en gemeenskap te verander.
Die Woord van God definieer hierdie wesenlike riglyne — die Skrif is die ruggraat van hierdie oortuigings. Ons motivering is om die basiese oortuigings van die Christendom te ken, want die stryd wat teen ons siele gevoer word, is werklik. Hierdie stryd tussen goed en sleg vind in die gebied van idees plaas — duidelikheid oor jou geloof laat jou onderskei tussen wat goeie idees is en watter idees jou wil verwar of om die bos lei. Ons vind toegang tot Christus se krag en lewe deur ons geloof, daarom moet ons oortuigings akkuraat wees.
Die eerste lyn van die geliefde liedjie, "Jesus Min My", bevat die wesenlike van die Christendom:
Jesus / Min / My / Salig lot / Ek weet dit uit die Woord van God.
Christenskap is in sy wese so eenvoudig, indien ons weet wat daardie woorde beteken. Dink so hieroor:
JESUS — Wat ek oor Jesus glo
Jesus is volkome God en volkome mens, die Messias.
MIN — Wat ek oor God se liefde glo, is aan die kruis bewys
Jesus het op 'n reddingsmissie in ons wêreld gekom. Hy het vir ons sondes aan die kruis gesterf en opgestaan uit die dood.
MY — Wat ek oor myself glo
Elke mens is beide glorieryk sowel as bedorwe. God het die mens na sy beeld geskape, maar ons is deur sonde besmet. Waar die bose ons korrup gemaak het, kan Jesus ons herstel in ‘n “nuwe skepping.”
EK WEET DIT — Wat ek glo om seker te wees oor my verlossing
Ons kan nie verlossing verdien nie, maar ons moet wilskrag gebruik om ons behoefte te erken (berou te toon), Jesus as God te erken en in sy werk aan die kruis te glo.
DIT UIT DIE WOORD VAN GOD — Wat ek oor God se standaard vir my lewe glo.
Ons kies die Bybel as die onveranderlike standaard vir alles wat ons doen en glo, want Jesus is ons voorbeeld. Ons moet die Woord van God lees en gehoorsaam om ons identiteit in Christus 'n werklikheid te maak.
Deur die vyf frases van hierdie lirieke deur te werk, kry ons ‘n kragtige geheue-instrument om die wesenlike Christelike riglyne oral saam met ons te dra.
Gebed: Maak op hierdie reis my oë en hart oop. Help my om hierdie waarhede uit u Woord in te neem. Ek wil hê my denke moet verander word. Help my om te glo wat U wil hê ek moet glo. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Jesus Loves Me](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23705%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joernalis, tans dienende pastoor, jou hulp aan om te verstaan wat jy glo en waarom. Topverkoper-skrywer, John S. Dickerson, verduidelik noodsaaklike Christelike oortuigings en illustreer kragtig waarom hierdie oortuigings saak maak.
More
Verwante Leesplanne
![Volg Jesus Ons Middelaar](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23813%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Volg Jesus Ons Middelaar
![Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou Testament](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23762%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou Testament
![Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23785%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding Nie
![Die Wapenrusting van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25281%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Wapenrusting van God
![God se Woord vir jou](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24103%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
God se Woord vir jou
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)