Draai Weg van VerslawingVoorbeeld

Een van die redes waarom mense in verslawings vasgeval bly, is omdat hulle hul denkpatrone op leuens baseer. 'n Geweldige groot leuen wat tot verslawing bydra, is dat jy die vlees deur middel van die vlees kan regmaak. Paulus waarsku ons egter in 2 Korintiërs 10:3 AFR53: "Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie." Die vlees kan nie die vlees help regmaak nie. Ja, jy kan probeer om dit te hanteer, maar dit sal net vir 'n rukkie werk. Jy kan egter nooit 'n sonde probleem met jou sondige vlees oplos nie. Wat jy moet doen, is om heel eerste na die Woord van God te gaan. "Die waarheid sal julle vrymaak" (Johannes 8:32). Dit is die waarheid wat deurbreek en lewe bring. Sy waarheid ontrafel die leuen wat jou in 'n wurggreep van lyding gebonde hou en jou in jou sonde en die gevolge daarvan vashou.
Jou pogings om jouself uit die vesting van sonde te bevry, kan vergelyk word met jou ouma wat probeer om klere op 'n outydse wasplank skoon te was. Dit sal dae neem, maar ondanks al die moeite sal die klere nog nie heeltemal skoon wees nie. Die klere sal dun geskuur wees terwyl jou ouma uitgeput, seer en gefrustreerd sal wees. God het die oplossing vir jou sonde verskaf deur middel van die reinigingsproses van verlossing wat deur sy Seun voorsien is. Jesus se offer gee ons toegang tot die krag van die Gees in ons. Die Gees gee ons die onderskeidingsvermoë sodat ons die waarheid kan ontvang (Johannes 16:7-11). Die Gees help ons om te doen wat Jesus in Johannes 8 gesê het: "... neem my woorde ter harte". Die frase "ter harte" beteken om dit jou eie te maak — daarin te bly. Jy moet in die waarheid bly, dit nie net besoek nie.
Hoe suksesvol was jy met jou vleeslike pogings om jou verslawing te oorkom? Wat is 'n beter benadering?
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer jou lewe nie meer in ooreenstemming met die Woord van God is nie, sal jy beslis pynlike gevolge ervaar. Baie het al geworstel met hulle gesondheid, werksverlies en verhoudinge — en weens hul verslawings ver van God af gevoel. Of dit nou 'n ernstige verslawing soos dwelms of pornografie is, of mindere verslawings soos kos of vermaak, is dit so dat verslawings ons lewens ontwrig. Tony Evans, skrywer van top-verkopers, wil jou die pad na vryheid wys.
More
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op
