ENFC Music - Vredevors DagstukkeVoorbeeld
Tiekiedraai
“Hy, ja Hy, tiekiedraai oor my. Hy, ja Hy, ja die Koning dans oor my.”
Het jy al ooit ‘n slegte eerste indruk van iemand gekry? Dit is baie moeilik om verby ‘n slegte indruk van iemand te kyk. Hoeveel te meer as mens ‘n slegte indruk kry van wie God is.
Dalk sien party mense God as ‘n kwaai ou oom met ‘n lang wit baard en ‘n weerligstraal wat net wag om ons te skok as ons ‘n fout maak of afdwaal. Maar die feit van die saak is die volgende: God is nie ‘n kwaai ou oom met ‘n weerligstraal nie! Hy is ‘n goeie pa wat ons omhels, wat ons oorweldig met sy liefde, en Hy, ja Hy, tiekiedraai oor ons!
Sefanja 3:17 sê dat die Here jubel en dans oor ons. Hy tiekiedraai oor ons!
Net soos die verlore seun se pa na sy seun toe gehardloop het, om hom terug te verwelkom by die vaderhuis en te omhels. So oorweldig God ons met sy liefde!
Mag die Here se liefde jou vandag oorweldig.
“Genade het my skoon gewas, Hy druk my teen sy borskas vas. Daar is niks wat ons kan skei. Sy liefde maak my vry.”
Aangaande hierdie leesplan
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
More
Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za