Verlore VredeVoorbeeld
Vrede vir die Toekoms
Wanneer ons nie al die legkaartstukkies van ons lewensplan bymekaar het nie, sukkel ons dikwels met 'n gebrek aan vrede. Ons bekommer ons wanneer ons nie weet wat die uitkoms van 'n omstandigheid sal wees nie, of wanneer dit voel of ons nie beheer oor die uitkoms het nie. Ons kan egter vrede in 'n nuwe perspektief vind.
Ons weet dalk nie wat die toekoms vir ons persoonlike lewens inhou nie, maar ons weet hoe die toekoms vir almal eindig — met Jesus se wederkoms om alles reg te stel. Die Openbaring 21:4-5 gee ons 'n blik daarop:
"Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: 'Kyk, Ek maak alles nuut.'"
Hierdie kennis kan ons harte in vrede bewaak, want ons weet ongeag die beproewinge wat oor ons pad kom, sal God uiteindelik triomfeer.
Jesus het in Johannes 14 vir ons hieraan herinner toe Hy vir sy dissipels gesê het hulle moenie bekommerd wees nie, want Hy gaan om vir hulle plek in sy Vader se huis gereed te maak. Dus, ons kan in die hede vrede hê, te danke aan ons toekomstige woonplek.
Dit beteken egter nie ons moet passief vir die toekoms wag en intussen niks op aarde doen nie. Inteendeel, die vrede wat ons het, dryf ons juis tot aksie — om meer van God se koninkryk hier op aarde te bring deur vredemakers te wees, ons geloof te deel, ander lief te hê, ander te dien en ons gawes tot sy verheerliking te gebruik. Wanneer ons dit doen, bring ons van God se vrede — volkome — na 'n gebroke wêreld.
Lees hierdie uitdagende gebed van Paulus oor hoe om vir Jesus se wederkoms te wag:
"Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!" 1 Tessalonisense 5:23.
Terwyl jy aan maniere dink hoe om die verlore vrede weer in jou lewe terug te bring, onthou dat ware vrede slegs van God af kom. Hy is die enigste Een wat uit ons gebrokenheid iets nuuts kan skep. Dink na hoe jy sy vrede met die mense om jou kan deel terwyl jy Hom soek.
Vrede kan nie van ons gesteel word nie. Vrede is 'n Persoon. Sy Naam is Jesus. Wanneer ons sy geboorte op Kersfees vier, word ons herinner dat ons op sy wederkoms wag. Ons wag egter met 'n doel en met vrede in die wete dat ons God getrou is. Hy is goed. Hy is die verlore vrede wat ons siele en ons wêreld nodig het om volledig te wees.
Bid: Vader, dankie dat U vir Jesus as ons vrede gestuur het. Vul my met meer van u vreugde en vrede terwyl ek op U vertrou, en maak my meer soos U onderwyl ek vir u wederkoms wag. Vandag werp ek al my sorge op U in die wete dat U daaroor omgee en U alleen kan dit volledig dra. Lei my terwyl ek 'n vredemaker word en wys my ook hoe om u koninkryk hier op aarde te bring. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-dag leesplan wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks vergesel word, sal ons ontdek hoe om daardie verlore vrede waarna ons almal smag weer te vind.
More