Verlore VredeVoorbeeld

Missing Peace

DAG 5 VAN 7

Vrede met God 

Ons het daarvan gepraat om God se beloftes asook sy karakter te onthou, maar wat as jy nie vrede met God het nie? Dalk is jy so 'n bietjie gefrustreerd met God omdat dit voel asof Hy jou onlangs in die steek gelaat het. Of miskien is jy net teleurgesteld omdat jy nie kan verstaan dat 'n liefdevolle God soveel swaarkry in die wêreld toelaat nie. 

Wat jy egter moet weet: God kan die volle las van jou gevoelens dra. 

Hy sou eerder wil hê dat jy jou besorgdhede met hom deel as om van Hom af weg te loop. Die feit is dat God jou so heelhartig najaag, dat Hy sy enigste Seun aarde toe gestuur het om 'n weg te maak waardeur Hy vrede met jou kan hê. 

Sonder Jesus is ons, as gevolg van ons sonde, heeltemal van God geskei. God, wat egter 'n liefdevolle Vader is, wil graag met ons 'n verhouding hê. Dit is hoekom Hy daardie weg gemaak het: 

"Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom" Jesaja 53:5. 

Jesus het vrede in ons verhouding met God gebring. Dit beteken ons het deur Jesus volle en gratis toegang tot ons Vader wat vir ons lief is, ons vergewe en vir ons sorg. Ons mag dus ontevrede voel wanneer dinge nie verloop soos ons wou hê nie — moet net nie toelaat dat die pyn van jou omstandighede jou so benewel dat jy nie die goedheid van sy karakter sien nie. 

Pastoor Amy Groeschel stel dit so: "Ons moet die pyn van ons gevoelens in kennis stel van dit wat ons weet die waarheid is." 

Al is jou gevoelens geldig, moet jy nie toelaat dat hulle jou oorwin nie. Trouens, Psalm 46:11 AFR83 kom met 'n kragtige aanmaning: 

"Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde" Psalm 46:11 AFR83.

Ons kry die opdrag om te bedaar en te erken dat Hy God is. Dit sê nie: "bedaar en voel" of ek God is nie. Al is ons gevoelens geldig, is hulle nie altyd in die waarheid gegrondves nie. Tog is God, wat die voorwerp van ons geloof is, altyd standvastig en waar, daarom kan ons ons geloof gebruik om ons gevoelens te korrigeer.

Dit beteken nie dat ons nooit vir God kan bevraagteken nie. Die psalms is vol van Dawid en andere wat na God uitroep en Hom smeek om hul omstandighede te verander en selfs wonder of God luister. Tog kom hulle altyd na die waarheid terug — God is goed. Hy het wonderlike planne vir ons. Hy is in beheer en is ons aanbidding en vertroue waardig. 

As dit vir jou voel of jy nie vandag vrede met God het nie, weerlê daardie gevoelens met die kragtige Woord van God. Onthou ook die goeie nuus: Jesus is ons weg tot vrede met God. Hy het al die werk reeds vir ons gedoen. Hy het ook klaar die volle prys vir ons vrede betaal.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Missing Peace

Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-dag leesplan wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks vergesel word, sal ons ontdek hoe om daardie verlore vrede waarna ons almal smag weer te vind.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/