In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 5 VAN 7

Sy dood in jou plek 

Die offers wat in Levitikus beskryf word, is só ontwerp dat dit aan God se volk sou wys dat die straf op die sonde teen die heilige God die dood is. Omdat God regverdig is, moet daar ’n prys vir sonde betaal word. En daar is geen ander manier om ons verhouding met God te herstel as deur bloed wat vloei nie. Levitikus 17:11 sê: “Ek het vir julle die bloed gegee om daarmee versoening te doen vir julle sondes. Bloed verteenwoordig lewe en dit bring versoening.” En in die boek Hebreërs lees ons: “Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis van sonde plaas nie” (9:22). 

Maar God is ook vol genade. Jesus het sy bloed gestort as die finale offer wat eens en vir altyd vir ons sonde gebring is. Dit is nie meer nodig om elke dag ’n dier te offer om vir ons sonde versoening te doen nie; ons hoef ook nie self vir ons sonde te sterf nie. Dit alles is op Jesus geplaas toe Hy aan die kruis gehang het. “Dit is nou afgehandel!” het Jesus uitgeroep. En dit was. Dié wat sy offer namens hulle aanvaar, staan nie meer onder die straf nie, maar ontvang God se seën. Ons is nie meer sleg en liefdeloos en gebind deur die sonde nie. In Christus verklaar God dat ons vrygespreek is, dat ons sy geliefde kinders is, en dat ons vry is. Wat ’n liefde! Wat ’n genade! Wat ’n belofte! 

Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (1 Petrus 3:18)

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op hierdie uitnodiging van die Koning van die konings reageer! Hierdie leesplan is saamgestel uit IN DIE SKADU VAN DIE ALLERHOOGSTE deur Chris Johnsen en Nancy Taylor.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/