In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 2 VAN 7

God se glimlag  

Hierdie bekende en geliefde seën, met sy eenvoudige maar merkwaardig omvattende bewoording, herinner ons aan die bron van alle seën: Jahwe. Die Here is die Een wat ons beskerm, want sonder Hom kan ons nie eens een keer asemhaal nie. Die Here is die Een wat ons liefhet en sy goedheid oor ons uitstort, want Hy is die gewer van alle goeie gawes. Die Here is die Een wat aan ons genade en vrede gee, want voordat Hy ons gered het, was ons sy vyande. 

Wanneer die Bybel van God se guns praat, verwys dit na God se spesiale aandag. Is dit nie verstommend om te dink dat God na jou kyk met ’n glimlag op sy gesig nie? Hy is ten nouste by jou lewe betrokke. Hy weet tot hoeveel hare daar op jou kop is. Hy weet alles van jou en Hy weet ook van alles wat jy nodig het, beter as jy self. En nie net weet God wat jy nodig het nie, Hy sal dit ook vir jou voorsien deur sy onbeperkte krag en eindelose liefde. Dié wat vir God liefhet, geniet sy seëninge, beskerming, genade en vrede, elke oomblik, vandat hulle gebore word totdat hulle die dag na Hom toe gaan. Dit is ’n belofte wat jou deur enigiets kan dra. Laat God vandag sy seën oor jou uitspreek. 

Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie. (Johannes 14:27)

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op hierdie uitnodiging van die Koning van die konings reageer! Hierdie leesplan is saamgestel uit IN DIE SKADU VAN DIE ALLERHOOGSTE deur Chris Johnsen en Nancy Taylor.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/