Aan Ons: Vier die Koms van JesusVoorbeeld

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

DAG 3 VAN 5

Magtige God

Daar is soms tye wanneer ons swak voel, en nie in staat om die situasies voor ons te hanteer nie. Die goeie nuus is dat daar Een is wat sterker en magtiger is as enigiets waarteen ons te staan kom.  

In Jesaja 9:5 sien ons dat Jesus die Magtige God is. Dit word soos volg in Hebreeus gedefinieer:

Magtig — gibbowr
Sterk, magtig, sterk man, dapper man, magtige man

God — 'el
Die enigste ware God, Jehovah

'n Kombinasie van hierdie twee definisies gee vir ons presies wat die naam sê — Magtige God. Jesus Christus is die enigste ware God, en Hy beskik oor alle mag, krag en sterkte. Sy mag is ongeëwenaar, ongekend en onvergelykbaar. Daar is niemand soos Hy nie, en niemand so magtig soos Hy nie. Jesus hét nie net die mag van God nie, Hy ís die God van uiterste krag!

Toe Jesus op aarde was, is sy magtige krag ten toon gestel deur sy oorheersing oor siekte, sonde, demone en die natuur. Dit was egter met die oorheersing van die dood deur sy opstanding dat ons al sy mag sien wat duidelik aan almal bekendgestel word. Dit is die wese van ons Magtige God dat sy krag nie slegs in ons lewens ten toon gestel word wanneer ons swak is nie, maar dat Hy iets uit niks kan skep. Ons maak in ons menslike hoedanigheid baie dinge van verskillende materiale wat ons besit. Dit is Jesus se Goddelike sterkte wat waarlik skep.

Tog het Christus niks geword nie deur sy bereidwilligheid om sy lewe af te lê en tot ons redding uitgestort te word. Hy was sterk en magtig genoeg om sy volmaakte, almagtige krag vir almal neer te lê. Selfs mense wat hom nie as magtige God erken nie, sal eendag die knie voor Hom buig en sy heerskappy erken, want "sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: 'Jesus Christus is Here!' tot eer van God die Vader" (Filippense 2:10-11). 

Hierdie verstommende, onuitspreeklike, onbegryplike mag wat Christus besit, is geredelik aan ons beskikbaar. Hy gee ons krag om alle dinge te verduur (Filippense 4:13). Sy krag kom tot volle werking wanneer ons swak is (2 Korintiërs 12:9). Hy het die vermoë om oneindig meer te doen as waaraan ons dink of bid (Efesiërs 3:20). Ons taak is slegs om Hom te vertrou en op sy krag te steun sodat ons die sterkte wat ons nodig het, kan bekom. 

Ons Magtige God is nie net in staat nie, Hy is ook absoluut gereed en bereidwillig om ons lewens as aanbieding van sy almagtige vermoë te gebruik. Daar is niks en niemand soos Hy nie. Staan vandag tyd daaraan af om ons Verlosser en Magtige God, Jesus Christus, se grootheid te waardeer. Hy is dit sonder twyfel waardig. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unto Us: Celebrating the Arrival of Jesus

In Jesaja 9:5 sien ons dat Jesus ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors is. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons die koms van Jesus vier deur meer oor sy verskillende name te leer, sowel as oor hoe om dit vandag in ons lewens toe te pas.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.