Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld
Dag 15: Toegewyd aan jou Roeping
“Ek onthou toe hulle gesê het dat hierdie Christelike rap-sangers flou is
Ai, ek het self so gedink
'n Paar Grammys, baie gedenkplate
En nou wil almal 'n Christelike rap-sanger wees
Wel, spring aan die werk
Gaan na hierdie tronke en spoeg 'n vers uit
Bring al jou tyd deur om die Woord uit te leef
Net sodat mense jou beledig
Nee, jy wil dit nie hê nie
Ondersoek die projekte
Klop aan elke deur
En sê vir die mense om na buite te kom
'n Paar luidsprekers en 'n mikrofoon
Ons het gebraai en ge-rapsing
Kyk hoe mense begin baljaar
Nooit dit vir die roem of geld gedoen nie
Jy kon sien wanneer Christene begin terugval het
Toegewyd aan hulle roeping verflou”
Ek onthou toe iemand my eenkeer vertel het, die koninkryk van God is soos 'n trop honde wat hardloop. Deur hulle lank genoeg dop te hou, sal die waarnemer sien hoe hulle aanvanklik volstoom en in gelid hardloop en dan na 'n rukkie val hulle een na die ander uit totdat daar uiteindelik nog net een hond hardloop. Die uiteinde van die saak is dat die een hond wat nog steeds hardloop, een ding het wat hom van die ander honde onderskei: hy het gesien wat hy jaag. Geen moeite sal hom keer nie, want hy kan met sy eie oë sien wat hy jaag.
Die betekenis van hierdie beeldspraak is dat daar 'n groot koste aan verbonde is om Jesus te volg. Die dissipels het immers gesien hoe een van hulle die Verlosser vir 30 silwerstukke verraai! Groot skares het opgedaag om te kyk hoe Jesus wonderwerke verrig, maar baie van hulle het weggegaan toe Jesus dit duidelik gemaak het dat hulle sy weg van lyding sal moet aanvaar om ten volle die geestelike werklikheid van sy teenwoordigheid te kan betree. Verbeel jou hoe eensaam dit moes gevoel het. Dit was 'n hoë prys om te betaal en baie om te verduur, maar hulle het self gesien dat Jesus die Messias is en in sy teenwoordigheid sal hulle altyd in die beste, moontlike geselskap wees.
Omdat ek 'n getuie is van die evangelie se werking, persoonlik en in ander se lewens, kan ek voortgaan. Ten spyte van die koste van verlatenheid, kritiek en om selfs aan myself te twyfel, word ek aangemoedig om voort te gaan. As ek Jesus se woorde aan sy dissipels lees toe Hy sy eensame weg na die kruis verduidelik het, vind ek vertroosting in die wete dat my Verlosser ook daar was. Ek word herinner dat Hy die weg volmaak geloop het, daarom het ek nie die druk om alles reg te doen nie.
Om Jesus te volg, kan ons dalk vriende verloor. Ons kan selfs werksgeleenthede ontsê word en selfs fasette van ons lewens wat ons dink noodsaaklik vir ons bestaan is. As ons egter die Verlosser sien in die lig van wie Hy werklik is, sal ons die prys kry deur in Hom te bly. Om dit anders te stel, ons sal die betekenisvolheid sien om saam met Jesus toegewyd aan ons roeping te bly.
Gebed: Dink na oor hierdie woorde van Jesus in Matteus. Het jy die koste bereken om Jesus te volg? Het jy al aan die eensame pad gedink wat Jesus verduur het sodat ons die krag en moed kon vind om sy lewe na te boots? Indien nie, lees hierdie verse en verbeel jou sy woorde is 'n uitnodiging om saam met Hom te groei en uithouvermoë vir die weg te kry. Hierdie woorde het nie ten doel om jou weg te stoot nie, maar om jou voor te berei vir die pad vorentoe. Kyk na die beloftes wat Jesus bied aan diegene wat Hom sal volg en vra die Here om jou geloof te gee om Jesus te vertrou en saam met Hom te loop, ondanks die hindernisse.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!
More