Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld

Restoration: Deluxe Bible Plan

DAG 14 VAN 18

Dag 14: Niks Oor Om Weg te Steek Nie

“Ek het so baie om te sê, maar het nie genoeg gesê nie

Ek het die musiekbedryf se bluf getoets

Ek is nie beroemd genoeg nie

Wie gee om of hulle dink ek is werklik gered?

Genade is voldoende

Die Een wat sy bloed vir my gestort het, het genoeg gegee.”

Dit is nooit genoeg nie.  Ek het nooit genoeg bereik nie, heilig genoeg gelyk nie of genoeg van die regte dinge gesê om die aanvaarding te kry van ander by wie ek dit wou hê nie.  Wat ook al jou vorige suksesse, kan jy die druk voel om dit weer te bewys.  Om te bewys wat jy werd is, jou waarde te regverdig (of dalk is dit net wat ons aan onsself vertel).  Veral in die wêreld vandag, die eindelose blaai deur sosiale media is net maar 'n herinnering hoe iemand anders beter af is as jy en ons nie opweeg nie.  

Baie mense sê om daardie gedagtes af te weer, moet ons gedurig onsself vertel hoe goed ons is.  Christus het egter gesterf om vir ons 'n beter weg te gee, 'n ander benadering om ons eie waarde te vind.  In plaas daarvan om van binne af te probeer uitstyg, het Jesus, die Seun van God wat ons groot hoëpriester is, gesê ons hoef nie meer voor te gee nie.  Hy weet ons kan nie opweeg nie, Hy weet ons skiet tekort.  Geeneen van die helde in die Bybel was volmaak of het almal altyd gelukkig gemaak nie.  

In Kolossense wys Paulus vir ons dat ons ons oë op iets anders as onsself kan vestig.   Wat ons werd is en wat ons waarde is, is deur die Skepper van die heelal aan ons gegee.  Ons hoef nie rond te skarrel om dit in prestasies, gewildheid, geld of enigiets anders te soek wat ons in elk geval nooit sal bevredig nie.  Ons kan eerlik wees oor ons tekortkominge en ons na Christus wend wat sy bloed vir ons gestort het, ons gekies het en ons geroep het om sy kinders te wees.  Ek hoef nie langer vir die skare se goedkeuring op te tree nie, want hulle het nie die mag om te bepaal wie ek is nie.  My waarde is nie binne my te vinde nie, dit is in Christus wat dit vir my gee.  Net soos Paulus kan ons sê om Hom te dien is die uiterste vorm van vryheid en ons kan die druk laat vaar om deur die oë van ander bepaal te word wie ons is.

Gebed:  Here, help my om my oë op U te vestig wanneer ek myself te veel beklemtoon. 

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Restoration: Deluxe Bible Plan

Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

More

Ons bedank graag vir Reach Records wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://lecrae.com/bio