Arme Ek! Voorbeeld

Poor Me!

DAG 3 VAN 5

Verander van Fokus

Die waarheid is, selfbejammering is ’n keuse. Ons kies self ons gedagtes. Om onsself jammer te kry, maak ons selfbehep en dit is ’n lewe van ellende. Niemand wil naby ons wees nie en ons is nutteloos vir die koninkryk van God.

Die tweede tree om te neem, is om selfbejammering te oorwin; dit beteken: verander jou fokus.

Die WAT se definisie van selfbejammering is “Gevoel van hartseer of bejammering oor eie swaarkry, verlies, of dergelike.” Deur op ons probleme te fokus, maak ons gevangenes daarvan. Wanneer ons aanhoudend fokus op hoe sleg ons situasie is, hoe onregverdig dinge is, en hoe moeilik ons lewe is, dan verloor ons alle ander dinge uit die oog — ons gawes en roepings, die behoeftes van ander, God se ryke seëninge en beloftes. 

Die enigste ding wat my gehelp het om myself reg te ruk, was om van fokus te verander. Psalm 121:1-2 sê: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here …” Kyk op! My krag kom van God af! In plaas daarvan om op die probleme te bly fokus, moes ek my gedagtes verander om op God te fokus — sy grootheid en alles wat Hy vir my in Christus gedoen het.

Vir my het dit beteken om elke dag sy Woord te lees en oor sy beloftes na te dink. Psalm 103 gee vir ons ’n model: "Ek wil die Here loof, … nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk" (verse 1-5).

In plaas daarvan om heeltyd aan jou probleme te dink, gaan voort en loof Hom! Hy het jou vergewe, jou genees en jou van die hel gered! Hy is lief vir jou, voorsien vir jou en versterk jou! Dit is moeilik om jouself jammer te kry as jy op al daardie goeie dinge fokus.

Ja, dit is nie maklik om jou fokus te verander nie. Tog, is dit soveel beter as om jouself elke dag jammer te kry! 

Wanneer moeilike tye dus aanbreek, huil ek dalk en is vir ’n kort rukkie moedeloos, maar ek laat dit nie toe om my lewe te oorheers nie. Ek kan nie die verlede verander nie, maar wanneer ek weier om myself te bejammer, kan ek my toekoms verander deur my oë op God te hou; die Een wat oorwinning gebring het. Jy kan ook! 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Poor Me!

Het jy vandag teëspoed? Is jy deur iemand seergemaak, het jy siek geword, aan ’n gebrek gely of verpletterende terugslae ervaar? Dit is maklik om jouself in sulke tye jammer te kry. Maar God het ’n uitkomkans vir jou! Dit is tyd om op te hou met jou selfbejammering, op te staan, God se beloftes vas te gryp en om ’n oorwinnaar te word!

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org