In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 11 VAN 12

Uiteindelik is daar niks wat aan iemand behoort nie. Ons is almal rentmeesters van wat God aan ons toevertrou. God hou ons daarvoor verantwoordelik hoe ons dit bestuur wat Hy aan ons toevertrou het. Gebruik ons sy hulpbronne soos die lui slaaf, tot ons eie voordeel? Of gebruik ons dit tot bevordering van sy belange? 

Alles wat ons het, is 'n genadegawe van God. Die aard van seëninge is bonatuurlik. In werklikheid is die hoofdoel van hierdie leesplan 'n poging om die bonatuurlike terug te bring in die sakewêreld. Hierdie raad gaan jou moontlik daagliks, indien nie menigmaal elke dag, in die posisie plaas waar God vir jou in die bres moet tree of jy gaan ten gronde.

Tog dink sommige mense as God verantwoordelik is vir die sukses van 'n besigheid, dan het hulle geen verantwoordelikheid nie. Niks kan egter verder van die waarheid af wees nie. 

Wanneer God gee, sal Hy gewoonlik iets terug verwag! Vir Adam het Hy 'n tuin gegee en van hom verwag om na die tuin om te sien. Hy het Salomo as koning aangestel en hy moes na die mense se welvaart omsien en 'n tempel vir God bou. Hy het die Israeliete geseën en van hulle verwag om 'n seën vir al die nasies te wees.

In werklikheid sal ons liefdesverhouding met God daartoe lei dat ons soveel doen en gee dat sommige dit as onverantwoordelike vermorsing beskou! Die arm weduwee het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het. Maria het al die duur reukolie uitgegiet. In albei hierdie gevalle het dit die Here verheug.

Vandag is besighede daaroor begaan om waardetoevoeging aan hulle kliënte te bied. Dit is belangrik! Om 'n getroue rentmeester te wees, moet ons onthou dat God uiteindelik ons belangrikste kliënt, werknemer, aandeelhouer en belanghebbende is. Dit is lekker wanneer mense tevrede is. Is ons egter meer besorg daaroor dat God tevrede is?

God begeer om Homself deur ons te openbaar. Kom ons vra Hom dus: "Hoe wil U Uself openbaar?" Dit vereis dat ons voortdurend groei om God se waarde vir welwillendheid, skoonheid, vryheid, kreatiwiteit, omgewing en ontwerp te verstaan. 

As ons daartoe verbind is om met Hom te wandel, ondanks wat Hy ons ook al vra, sal ons ook groei in deurvoering, uitnemendheid en voltooiing. Ons kultuur verwys daarna as werksetiek. God noem dit getrouheid.

Om 'n getroue rentmeester te wees beteken om al ons hulpbronne (tyd, geld, talente, verhoudings, kennis, kundigheid ens.) tot beskikking van God se wil vir ons lewens en besighede oor te gee ... en om dit heelhartig te doen.

Getroue rentmeesters verstaan dat God mense (base, werknemers en kliënte) in ons sorg plaas. Wat ons aan hulle doen, doen ons eintlik aan God. Behandel ons God dus met eerbied en respek? Betaal ons aan God 'n billike loon? Gee ons aan God die voordeel van die twyfel? Gee ons aan God ons heelhartige samewerking? Is ons meer besorg oor God as onsself? Rentmeesters verstaan dat ons aan God verantwoording sal doen vir die wyse waarop ons ander voorspoedig (of nie) gemaak het. 

Hier volg vandag se vrae:

1. Hoe daag die Here jou hierdie week uit om 'n rentmeester van jou tyd, talente, geld, hulpmiddels, ens. te wees?

2. Wat beteken waardetoevoeging in 'n koninkryksverband? Wat ag mense as waardevol? Wat ag God as waardevol? Watter soort "opbrengste" verwag Hy?

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com