Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir GesinneVoorbeeld

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

DAG 7 VAN 7

Dag 7: Wyse Manne

Die sterrekykers, ook bekend as die wyse manne, het van die ooste af gereis om vir Jesus te soek. Baie Bybelkenners glo hierdie manne het in die wetenskap van die ruimte, of wat ons sterrekunde noem, gestudeer. Hulle het geglo die wyse manne was slim, ryk en hoogs gerespekteerde manne. Alhoewel die Bybel nie vir ons vertel presies hoeveel wyse manne gereis het op soek na Jesus nie, is die tradisionele lering dat daar drie was. Dis omdat hulle vir Hom drie milddadige geskenke van goud, wierook en mirre gebring het.

Bybelkenners vertel dat die wyse manne nie by Jesus se huis aangekom het voordat Hy tussen 16 en 24 maande oud was nie. Toe hulle die huis binnekom en vir Jesus sien, het hulle op hulle knieë neergeval, geskenke vir Hom gegee en Hom aanbid. God het hulle toe in 'n droom gewaarsku om nie vir koning Herodes te vertel waar Jesus was nie, want God het geweet dat Herodes vir Jesus wou doodmaak. Gehoorsaam aan God, het hulle na hulle huise in die ooste teruggekeer deur van 'n ander roete gebruik te maak.

Die wyse manne was die allereerste heidene of nie-Joodse mense wat in die Bybel genoem word om vir Jesus as die Messias te aanbid. Hulle het die betekenisvolheid van Jesus se geboorte verstaan. God self het as mens aarde toe gekom — wat 'n milddadige geskenk uit die hemel! Hulle het gereageer deur mildelik vir Hom terug te gee.

Gesinsaktiwiteit: Wees as gesin vrygewig vir hierdie aktiwiteit. Nooi jou kinders om 'n speelding weg te gee of om hul eie geld te gebruik om 'n geskenk vir 'n behoeftige familie te koop. Gaan lewer saam met jou kind die geskenk af. Andersins, lei jou kinders om hul eie geld as 'n offerande in die kerk te gee. Oorweeg saam ander maniere hoe julle as 'n gesin vrygewig kan wees en ekstra kan gee. Gebruik die aktiwiteit om te bespreek hoe Jesus se liefde vir ons 'n geskenk is en een manier om vir Hom terug te gee, is om vrygewig teenoor ander te wees.

Gesinsbesprekingsvrae: 

* Wat is 'n gunsteling geskenk wat jy vir iemand gegee het?

* Hoe het dit gevoel om dit weg te gee?

Hierdie leesplan is uit 'n ander bron aangepas. Leer verder by www.25ChristmasStories.com 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om weer bande met mekaar te smee, om te wete te kom van die ware Kersverhaal en Jesus se geboorte met nuwe tradisies, stories om die etenstafel, slaaptydstories, en gesinsaktiwiteite te vier. Ons vertrou hierdie Kersfeesdrukkie gaan in die Adventtyd pragtige herinneringe na jou huis toe bring!

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.bhpublishinggroup.com/25-days-of-the-christmas-story/