Honger na GodVoorbeeld

Hungry for God

DAG 3 VAN 3

Leef volgens Jesus se standaarde

Ek glo dat ons nie onsself, ons ware self is, wanneer ons met minder tevrede is as die beste wat God bied nie. Ons bly gefrustreerde, kwaai, selfsugtige mense met 'n onversadigbare eetlus, ten spyte van alles wat ons inneem. Wanneer ons egter geestelike voedsel inneem en intimiteit met God ervaar, ontdek ons 'n diepe bevrediging wat alles oortref. 

Nietemin weerstaan ons dit dikwels om God se gebooie te gehoorsaam, om sy riglyne te volg en die geestelike gewoontes te beoefen wat diepe bevrediging bring. Ons keer terug na ou verslawings en vernietigende plesiere in die hoop dat ons sal vind waarvoor ons soek en word net meer gefrustreerd wanneer ons leë pogings meer teleurstelling, wanhoop en ontmoediging oplewer. Ons keer terug na ons ou optredes, voordat ons Jesus teëgekom het en sy Gees in ons lewe genooi het, slegs om weer te kort te skiet. Ons kyk na ons ou pogings, eerder as na God se toekomsbeloftes. 

Miskien is daar geen beter illustrasie van hierdie verskynsel as toe Jesus se dissipels een nag gaan visvang het nie, kort nadat hulle Meester uit die dood opgestaan het. (Johannes 21:1-11)

Ek vind dit interessant, maar nie verrassend nie, dat sy dissipels nadat Jesus gekruisig, begrawe en opgestaan het, voortgegaan het om te doen waarmee hulle die meeste vertroud was: visvang. Daar was slegs een probleem — hulle was nie meer dieselfde mense as vroeër nie! In plaas daarvan om die volheid van die opgestane Verlosser te ervaar, die opwinding om nuwe skepsels in Christus te wees, keer hulle terug na ou instellings. 

Ons almal het standaard instellings, selfs al is dit nie hoe ons daarna verwys nie. Op jou slimfoon, skootrekenaar en die rekenaar in jou motor, asook baie toestelle en stelsels in jou huis, het jy die oorspronklik-geprogrammeerde, werkende instellings, bekend as "standaard instellings". As 'n kwaadwillige virus dit aanval of iets in die stelsel raak foutief, kan jy altyd die toestel na die standaard instellings terug verander. Dit is die basiese, bekende instellings wat van die begin af daar was toe die stelsel geskep is. 

Die dissipels het teruggekeer na wat hulle gedoen het voordat hulle Jesus ontmoet het. Hulle het na hulle standaard instellings teruggekeer. Wat was die resultate? Hulle het niks gevang nie! 

Hulle het ervaar wat gebeur wanneer jy teruggaan na jou ou leefstyl, terug na hoe jy geleef het voordat jy Christus leer ken het: jy vang niks nie. Hoekom? Dit is baie eenvoudig: daar is niks daar nie!

wanneer jy teruggaan na wat jy gedoen het voordat jy Jesus ontmoet het, is daar niks van enige betekenisvolle waarde nie. Daar is niks in jou vorige gedrag nie, daar is niks in daardie vorige verhouding nie, daar is niks by jou vorige werk nie. Daar is niks in die ou manier van dink nie.

As God jou uitgehaal het, waarom sal jy wil teruggaan?

As jy wil hê jou honger moet jou help floreer in die krag van die lewende God, dan is dit tyd om jou standaard instellings na Jesus s'n te verander! Moenie teruggaan na sondige gewoontes en ou boodskappe in jou denke nie. Moenie teruggaan na 'n dieet van wêreldse plesiere en leë besittings nie. Verander jou standaard instellings!

Die Bybel waarsku ons duidelik: “Die Here sê: Moenie vassteek by die verlede nie. Moenie net dink aan die dinge wat verby is nie” (Jesaja 43:18). 

Wanneer jy 'n finale besluit neem dat jy nooit sal terugkyk, terugdink, of terugpraat nie, maak God se heerlike toekoms vir jou oop! Jou honger word met vreugde, vrede, hoop, doel en onvoorwaardelike liefde versadig. 

As jy aan die oorvloedige tafel van die Here wil floreer, doen dan hierdie verklaring: "Ek gaan nie terug nie." Sê dit hardop en bedoel dit: "Ek gaan nie terug na my standaard instellings nie. Ek sal eerder voortgaan om God met my hele hart na te streef." 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hungry for God

Hierdie 3-dag leesplan, geskryf deur ds. Samuel Rodriguez, fokus op ons geestelike honger en die bewuswording dat ons siele op 'n gereelde basis voeding nodig het. Dit maak nie saak hoe dikwels ons bid, hoeveel Bybelverse ons bestudeer en memoriseer, hoe dikwels ons kerkgeleenthede bywoon of mense in nood bystaan nie, daar is altyd ruimte om nader aan God te groei.

More

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://samuelrodriguezbooks.com/