Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld
Lees: Hebreërs 11:1-7
SOAP: Hebreërs 11:1-2
"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is."
Oordenking
Die mense van die Ou Testament het nie voorbeeld na voorbeeld en storie na storie van God se getrouheid gehad nie. Hulle het net God se beloftes en wette gehad. Hulle het Hom geglo oor wie Hy was. Hy het nog nie sy beloftes vervul nie, maar hulle het geglo wat hulle nie kon sien nie en in sy getrouheid vertrou.
Die helde in die Bybel het geglo dat God sou doen wat Hy belowe het. Hulle het nie die Bybel gehad om oor God se getrouheid in die verlede te lees nie. Hulle het net hulle geloof gehad dat Hy sy beloftes sou vervul. Hulle was seker dat God sy beloftes sou vervul, selfs al sou hulle dit nie sien nie. Die meeste het ook nie die vervulling daarvan in hulle leeftyd gesien nie, tog was hulle oortuig van God se bereidwilligheid en almag om sy beloftes te vervul.
Wanneer ons oortuig is dat God sal doen wat Hy gesê het, dan is ons geloof oortuigend. Ons het ontelbare voorbeelde van God se getrouheid en daarom behoort dit vir ons makliker te wees om God te vertrou en sy beloftes te glo. Soos ons in ons geloof groei, mag ons leer om Hom, veral nou, meer as ooit te vertrou. Meer en meer te vertrou of ons Hom kan sien werk of nie, want sy getrouheid het nie verander nie. Mag ons oortuig wees, bo enige twyfel, van dit wat ons nie kan sien nie.
Gebed
Here God, U is getrou. Ek wil U glo, maar ek is bang en word ontmoedig wanneer ek U nie sien werk nie. Gee my die uithouvermoë om aan te hou om op U te vertrou ten spyte van my gevoelens. Laat my geloof van U afhanklik wees, nie van hoe ek voel nie. In Jesus se Naam, Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/