Bid Met Verwondering Deur KersfeesVoorbeeld

Praying With Wonder Through Christmas

DAG 3 VAN 7

Kom ons bid:

 

Vader in die hemel, mag u Seun hierdie Advent sy regmatige plek in ons harte inneem. 

Gedurende hierdie materialistiese tyd van die jaar, in ons materialistiese samelewing, herinner u Seun se voortbestaan ons aan sy kosbaarheid bo elke partytjie en elke geskenk, bo al die bome en versierings.

Hy was vóór en is beter as enigiets anders in hierdie geskape wêreld. Laat ons harte in hierdie seisoen warm klop oor ons grootste skat, die geskenk van Christus as persoon.

 

Ons bid dit in sy kosbare Naam. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Praying With Wonder Through Christmas

Die Kersverhaal is een verrassing na die ander. Soms raak die besonderhede so bekend dat dit hul impak verloor. Hierdie leesplan met kort gebede help jou om diep na te dink oor die mees onverwagse en betekenisvolle gebeurtenis in die geskiedenis: dat God self een van ons geword het. Elke gebed is geskryf deur David Mathis, uitvoerende redakteur van desiringGod.org en pastoor by Cities Church in Saint Paul, Minnesota.

More

Baie dankie aan "The Good Book" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thegoodbook.com/the-christmas-we-didnt-expect