Bid Met Verwondering Deur KersfeesVoorbeeld

Praying With Wonder Through Christmas

DAG 2 VAN 7

Kom ons bid:

 

Vader, U dryf die spot met hooghartige spotters, maar U is goed vir dié wat beskeie is.

Ons besef dat, wanneer ons hierdie Advent broos, uitgeput en beswaard voel, dit mag beteken dat ons presies is waar U ons wil hê.

U het u Seun gestuur om dié te help wat vermoeid en belas is. Open ons oë vir die swakhede wat ons probeer ignoreer en wegsteek.

In u Seun is ons veilig om dit te erken, en kom nederig na U, om ons in U en u sterk arms te verheug, nie in ons s'n nie.

Vergroot Uself in ons gedurende hierdie tydperk, deur ons blydskap in U en u Seun. 

 

Ons bid dit in sy Naam. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Praying With Wonder Through Christmas

Die Kersverhaal is een verrassing na die ander. Soms raak die besonderhede so bekend dat dit hul impak verloor. Hierdie leesplan met kort gebede help jou om diep na te dink oor die mees onverwagse en betekenisvolle gebeurtenis in die geskiedenis: dat God self een van ons geword het. Elke gebed is geskryf deur David Mathis, uitvoerende redakteur van desiringGod.org en pastoor by Cities Church in Saint Paul, Minnesota.

More

Baie dankie aan "The Good Book" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thegoodbook.com/the-christmas-we-didnt-expect