Om die Sabbat te VerstaanVoorbeeld

Understanding the Sabbath

DAG 3 VAN 4

Die Sabbat Vandag

Jy mag dalk wonder: "Moet ek die sabbat onderhou? Is dit selfs nodig omdat dit in die Ou Testament voorgekom het?" Dis absoluut noodsaaklik! In die meeste gemeenskappe is mense besiger as ooit en wy meer tyd daaraan om gejaagde skedules van gesinne te bestuur. Daarom is rus noodsaaklik vir ons om gesonde, sterk lewens te lei. Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde hoe om 'n sabbatsrus te beoefen:

Blou Sone — Loma Linda, Kalifornië
Skrywer en ontdekkingsreisiger, Dan Buettner, beskryf blou sones as streke in die wêreld waar mense langer leef. In die Verenigde State is die gemeenskap van Loma Linda, Kalifornië, 'n blou sone omdat sy inwoners tien jaar langer as die gemiddelde persoon leef. 'n Groot bevolking Sewendedagadventiste woon in hierdie stad en skryf hul langlewendheid toe aan dinge soos gereelde oefening en vegetarisme. Eerstens stel hulle voor dat mense "'n veilige tydgleuf vind." Die 24-uur sabbat laat hulle dus toe om weg te breek van hul daaglikse lewe en op God, familie en vriendskappe te fokus, wat terselfdertyd verligting van spanning in hul daaglikse lewe teweegbring. 

'n Ander Rede vir die Sabbat
Alhoewel dit hoofsaaklik 'n geloofsgebaseerde gebruik is om die sabbat te onderhou, het meer en meer mense buite die geloofswêreld dit begin toepas. 'n Groot aantal mense — woonagtig in Silicon Valley, die tuiste van vele hoëtegnologiemaatskappye, asook in die suidelike deel van San Franciscobaai — hou nou 'n "internet sabbat". Hulle skakel hulle toestelle vir 'n dag of selfs vir 'n naweek af. 

Die oogpunt van beide voorbeelde is om aan te dui, ongeag of iemand nou 'n geloofspersoon is of nie, God het die sabbat vir ons geskep. Daar is 'n doel.

'n Wettiese siening sou sê dat ons geen werk of besigheid op 'n Sondag mag doen nie, want dit word as die sabbatdag beskou. Tegnies gesproke was die sabbatdag in die Bybel egter op 'n Saterdag. Kom ons wees dus nie so bekommerd oor die spesifieke dag van die week wat ons rus nie. Ons sonder dus liewer net een dag uit om te rus, wat slegs gebeur wanneer ons ophou werk, en laat God ons dan hervul en vir ons 'n diepe rus skenk vir ons liggame, denke en siele. 

Die begrip om die sabbat te onderhou, kom eintlik neer op 'n vertrouenskwessie. Ons vertrou óf onsself om ons lewens te hanteer, óf ons vertrou God. As ons onsself vertrou, is die kanse goed dat ons onsself tot in volslae uitputting sal werk, en moontlik tot 'n vroeë dood. As ons egter kies om ons goeie God te vertrou, die Een wat ons vooruitgaan, ons vertroos en ons versterk, sal ons meer vordering in 'n gesonde ses dae van werk sien as in 'n uitputtende sewe-dag werkweek. Is die rede hoekom ons nie goed rus nie dalk dat ons nie vir God vertrou nie? Kom ons kies om God te vertrou.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Understanding the Sabbath

Die meeste van ons is oorwerk en heeltemal uitgeput, dus is die begrip van sabbat belangriker as ooit. Om die sabbat te eer, beteken om dit "heilig te hou", en heilig beteken eenvoudig om dit "af te sonder". Ons sabbat behoort anders te lyk as die ander ses dae van die week. In hierdie leesplan gaan ons bespreek wat dit is, wat dit nie is nie, hoe dit lyk, en om ware rus in Jesus te vind.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion